• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My patetiese internetspoed

Started by PM, November 05, 2021, 04:42:38 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dit maak my so de vieste in as 'n mens betaal vir 'n diens en jy sukkel daarsonder.
Vanoggend, dit is na drieuur, sukkel my wielietjie hom dronk om 'n onderwerp vas te keer.  MTN se G-spot is stukkend!
Watter opsie is die beste vir fibre?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dis 'n vraag wat ek jou nie kan antwoord nie. Dit verskil letterlik van voorstad tot voorstad en word bepaal deur dienslewering wat in Suid Afrika wissel tussen ê! Ê! En fokkol.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Wat praat jy?  Wat is "diens"? 
Ons het gister ons voertuigregistrasiedokumente gaan haal.  Was baie verbaas om te sien dat daar nie 'n tou is wat 2 kilometer lank is nie.  Twee, net twee kasiere is oop.  Ons sit nog so toe skuif een 'n bordjie voor die venster, in iemand se gesig, tea/lunch.  Ons wag waragentagentag 20 minute tot sy terug kom.  Die ou langs my sit sy kop tussen sy bene en lag.  Lag jy of huil jy vra ek.  Nee hy lag en huil sommer deurmekaar.  Sulke wanorde het hy nog nooit beleef nie. 
'n Uur later toe stap ons daar uit met die afskrifte. 
Diens?  Wat bedoel meneer dan nou?

Om te weet is om te verstaan.

Naas

And
No one
Cares

Ek begin vermoed dat die spoed van donkerte baaaaie vinniger is as die spoed van lig.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Ek lees nogal baie op oor swart gate (black holes) wat alle stermassa rondom hulle oor die event horizon intrek en dan weet niemand waar dit heen is nie want self lig waarmee ons sien verdwyn in daai swart gate in.
So verdwyn ons geld en menswees letterlik ook oor die event horizon. Ek vermoed deur 'n wormhole China toe.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Daardie "worm hole", het dit iets met appels te doen? 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Net as ons die vrugte pluk van ons kakistocrosie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#7
EtimologieVan Grieks κάκιστος (kákistos, "die slegste") + -κρατία (-kratía, "mag, regering")

Woordafbreking ka•ki•sto•kra•sie
Selfstandige naamwoord
   
Betekenisse(politiek) 'n Regering deur die slegstes en onbekwaamstes (die mins-gekwalifiseerde of mees-beginsellose burgers).

Voorbeeldsinne  Oudmin. Pik Botha het eens in die parlement gewaarsku dat indien Suid-Afrikaners nie besef dat hulle mekaar nodig het ter wille van oorlewing nie, anargie onder 'n kakistokrasie ons voorland is.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Jy het natuurlik gisteraand weer in die minora pakkie geslaap.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

#9
 :icon_biggrin: was nie skerp genoeg met spelling nie.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Darem het ek geweet wat jy bedoel.  Maak nie saak hoe jy dit spel nie, dit bly nog 'n kakistos.  Ja, 'n magtige kakistos. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Het jy geweet dat dit die oorsprong van ons afrikaanse plat woord "kak" is?

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Skuus, was net 'n bietjie op soek na my man, maar hy is nou in teater.


Nee, ek het nog nooit na die oorsprong daarvan gesoek nie.   :angel7:   Het maar aangeneem dit kom van ete en drinke.   :icon_biggrin:   


Lig my in asseblief. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek lees nou hier en besef Hannes was toe nooit in die teater nie en jy wis van niks. Praat van spoed en ka•ki•sto•kra•sie,

PM

'n Mens verwag nie sulke "misverstande" van professionele mense nie, maar dit gebeur. 
Gelukkig was daar 'n kansellasie vir die 19de, anders moes ons wag tot volgende jaar.  As daar 'n "eensameopsluiting" is, word daar nie operasies gedoen nie. 
Om te weet is om te verstaan.