Author Topic: My patetiese internetspoed  (Read 3953 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
My patetiese internetspoed
« on: November 05, 2021, 04:42:38 AM »
Dit maak my so de vieste in as 'n mens betaal vir 'n diens en jy sukkel daarsonder.
Vanoggend, dit is na drieuur, sukkel my wielietjie hom dronk om 'n onderwerp vas te keer.  MTN se G-spot is stukkend!
Watter opsie is die beste vir fibre?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #1 on: November 05, 2021, 06:59:21 AM »
Dis 'n vraag wat ek jou nie kan antwoord nie. Dit verskil letterlik van voorstad tot voorstad en word bepaal deur dienslewering wat in Suid Afrika wissel tussen ê! Ê! En fokkol.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #2 on: November 05, 2021, 07:11:12 AM »
Wat praat jy?  Wat is "diens"? 
Ons het gister ons voertuigregistrasiedokumente gaan haal.  Was baie verbaas om te sien dat daar nie 'n tou is wat 2 kilometer lank is nie.  Twee, net twee kasiere is oop.  Ons sit nog so toe skuif een 'n bordjie voor die venster, in iemand se gesig, tea/lunch.  Ons wag waragentagentag 20 minute tot sy terug kom.  Die ou langs my sit sy kop tussen sy bene en lag.  Lag jy of huil jy vra ek.  Nee hy lag en huil sommer deurmekaar.  Sulke wanorde het hy nog nooit beleef nie. 
'n Uur later toe stap ons daar uit met die afskrifte. 
Diens?  Wat bedoel meneer dan nou?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #3 on: November 05, 2021, 07:15:30 AM »
And
No one
Cares

Ek begin vermoed dat die spoed van donkerte baaaaie vinniger is as die spoed van lig.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #4 on: November 05, 2021, 07:20:39 AM »
Ek lees nogal baie op oor swart gate (black holes) wat alle stermassa rondom hulle oor die event horizon intrek en dan weet niemand waar dit heen is nie want self lig waarmee ons sien verdwyn in daai swart gate in.
So verdwyn ons geld en menswees letterlik ook oor die event horizon. Ek vermoed deur 'n wormhole China toe.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #5 on: November 05, 2021, 07:33:54 AM »
Daardie "worm hole", het dit iets met appels te doen? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #6 on: November 05, 2021, 08:29:40 AM »
Net as ons die vrugte pluk van ons kakistocrosie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #7 on: November 05, 2021, 08:34:21 AM »
EtimologieVan Grieks κάκιστος (kákistos, “die slegste”) + -κρατία (-kratía, “mag, regering”)

Woordafbreking ka•ki•sto•kra•sie
Selfstandige naamwoord
   
Betekenisse(politiek) 'n Regering deur die slegstes en onbekwaamstes (die mins-gekwalifiseerde of mees-beginsellose burgers).

Voorbeeldsinne  Oudmin. Pik Botha het eens in die parlement gewaarsku dat indien Suid-Afrikaners nie besef dat hulle mekaar nodig het ter wille van oorlewing nie, anargie onder ’n kakistokrasie ons voorland is.
« Last Edit: November 05, 2021, 08:38:22 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #8 on: November 05, 2021, 08:39:57 AM »
Jy het natuurlik gisteraand weer in die minora pakkie geslaap.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #9 on: November 05, 2021, 09:48:25 AM »
 :icon_biggrin: was nie skerp genoeg met spelling nie.
« Last Edit: November 05, 2021, 09:49:31 AM by PM »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #10 on: November 05, 2021, 09:51:22 AM »
Darem het ek geweet wat jy bedoel.  Maak nie saak hoe jy dit spel nie, dit bly nog 'n kakistos.  Ja, 'n magtige kakistos. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #11 on: November 05, 2021, 10:24:07 AM »
Het jy geweet dat dit die oorsprong van ons afrikaanse plat woord "kak" is?

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #12 on: November 05, 2021, 12:13:28 PM »
Skuus, was net 'n bietjie op soek na my man, maar hy is nou in teater.


Nee, ek het nog nooit na die oorsprong daarvan gesoek nie.   :angel7:   Het maar aangeneem dit kom van ete en drinke.   :icon_biggrin:   


Lig my in asseblief. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #13 on: November 07, 2021, 11:08:14 PM »
Ek lees nou hier en besef Hannes was toe nooit in die teater nie en jy wis van niks. Praat van spoed en ka•ki•sto•kra•sie,

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #14 on: November 08, 2021, 02:23:25 AM »
'n Mens verwag nie sulke "misverstande" van professionele mense nie, maar dit gebeur. 
Gelukkig was daar 'n kansellasie vir die 19de, anders moes ons wag tot volgende jaar.  As daar 'n "eensameopsluiting" is, word daar nie operasies gedoen nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: My patetiese internetspoed
« Reply #15 on: November 08, 2021, 07:12:44 AM »
Hou van die uitdrukking: "eensameopsluiting"   :love7: :hello2: :notworthy: