• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ons jaag op en af

Started by PM, November 01, 2021, 11:39:46 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hoe ry die boere sit-sit so na al die plekke wat besoek moet word.
Ons het nog 'n paar goedjies om te koop.  Kom ek later weer kuier. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Na 'n dolle dag sit ek nou hier voor my neukenaar.  Ons gaste het so pas vertrek en ek is stokflou.  Met my een hand onder my kop en die ander hand liefderik om my glas rooiwyn gevou, betrag ek die dinge van vandag.  Ek dink tog dat dit beter met my gegaan het toe my ma nog vir my gesorg het.  Nou moet ek self sien kom klaar.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek dink as ons 'n foto van jou kon neem, sou dit lyk soos die selfportret van Van Gogh wat in my voorhuis hang  :love7: My ouma het nooit van 'n sitkamer/woonkamer gepraat nie en vandag pas die benamings soos 'n legkaartstuk in die lyntjie. Sterkte. Hoop jy slaap nou rustig.

PM

. . . en daar jaag ek die hele nag op en af.  Het vanoggend 'n wasmasjien vol klere en handoeke.  Sonder 'n kolon is dit nie maklik nie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

(((((((((PM)))))))))) So dra ons elkeen sy eie kruis. Sterkte matertjie.  :love7:

PM

Ag wat, weet jy, ek doen dit met liefde.  Een ding wat nou nie twee is nie, ek is nie 'n "versorger"  nie.  Sieketrooster is nie my ambag nie.  Ek haat aandagvrate en mense wat net heeldag loop en simpatie soek.  Tog is daar 'n plek vir meegevoel, simpatie en empatie.  Is dit nie maar net deel van ons menswees nie.
Jy weet, Hannes is my beste vriend, hy is my man, soms is hy my leermeester, hy het sy foute, maar my foute is baie meer as syne.  Soms is ek sy moeder?  (Nou beweeg ek op gevaarlike terrein.   :icon_biggrin: )   Maar regtig, ek is sy hoeder, is ek dan nie?
Waar sal hy sy daaglikse brood kry?  (Onthou, hy eet nie kaffie brood nie.) Waar kom sy gewaste en gestrykte klere vandaan?
Wie sorg dat hy 'n vars bed het om in te slaap en skoon vloere om op te loop. 
Om sonder 'n kolon te lewe is nie 'n grappie nie.  Bo in en onder uit en wie sal sorg?
Ek gee nie om nie.  Doen dit met liefde.  Hy is my Alfa en my Omega.  Sonder hom wil ek nie lewe nie.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Wat jy hier geskryf het sink tot in my diepste menswees en ek kon net "AAAAAAAAA" uitkry  :love7: 'n Vrou duisend inderdaad is onse forummoedertjie.  :love7:

PM

Ek was besig om 'n plasing te doen voor ons gery het, toe wip die krag by die deur uit!  Ek het ook net voor dit gekyk na die video oor die gehoor en wou nog iets antwoord.  Nou weet ek nie waar jy dit geplaas het nie Raaitjie.  Help!  :munky2:
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

PM..... as almal maar net kan kyk na mense soos julle, (Raai en Naas ingesluit)... seven zakke zout, en respek vir mekaar, deurnis, omgee, en n liefde wat met jare die gom word wat n huwelik maak werk... en vir ander bewys....dis hoe dit moet wees,,,ongeag die struikelblokke in gesondheid...
Ek eis met die jonger geslagte, wat trou met die wanaangepaste idee dat opsie B die skeihof is....

PM

Antjie, ons is nou al 53 jaar bymekaar met 50 getroude jare.  Ons dink al aan dieselfde dinge en praat gelyk oor dieselfde onderwerp.   :toothy4:  Sewe sakke sout?  Watwo!  Sewe trokke vol!
Om te weet is om te verstaan.

PM

Skuus, ek moet nou eers gou gaan dokumente optel vir die hospitaal.  Sal later weer kom saam kuier. 
Om te weet is om te verstaan.