Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: PM on November 01, 2021, 11:39:46 AM

Title: Ons jaag op en af
Post by: PM on November 01, 2021, 11:39:46 AM
Hoe ry die boere sit-sit so na al die plekke wat besoek moet word.
Ons het nog 'n paar goedjies om te koop.  Kom ek later weer kuier. 
Title: Re: Ons jaag op en af
Post by: PM on November 01, 2021, 08:28:46 PM
Na 'n dolle dag sit ek nou hier voor my neukenaar.  Ons gaste het so pas vertrek en ek is stokflou.  Met my een hand onder my kop en die ander hand liefderik om my glas rooiwyn gevou, betrag ek die dinge van vandag.  Ek dink tog dat dit beter met my gegaan het toe my ma nog vir my gesorg het.  Nou moet ek self sien kom klaar.
Title: Re: Ons jaag op en af
Post by: Meraai vannie Baai on November 01, 2021, 10:51:40 PM
Ek dink as ons 'n foto van jou kon neem, sou dit lyk soos die selfportret van Van Gogh wat in my voorhuis hang  :love7: My ouma het nooit van 'n sitkamer/woonkamer gepraat nie en vandag pas die benamings soos 'n legkaartstuk in die lyntjie. Sterkte. Hoop jy slaap nou rustig.
Title: Re: Ons jaag op en af
Post by: PM on November 02, 2021, 08:58:42 AM
. . . en daar jaag ek die hele nag op en af.  Het vanoggend 'n wasmasjien vol klere en handoeke.  Sonder 'n kolon is dit nie maklik nie.
Title: Re: Ons jaag op en af
Post by: Meraai vannie Baai on November 02, 2021, 10:38:39 AM
(((((((((PM)))))))))) So dra ons elkeen sy eie kruis. Sterkte matertjie.  :love7:
Title: Re: Ons jaag op en af
Post by: PM on November 03, 2021, 02:53:53 AM
Ag wat, weet jy, ek doen dit met liefde.  Een ding wat nou nie twee is nie, ek is nie 'n "versorger"  nie.  Sieketrooster is nie my ambag nie.  Ek haat aandagvrate en mense wat net heeldag loop en simpatie soek.  Tog is daar 'n plek vir meegevoel, simpatie en empatie.  Is dit nie maar net deel van ons menswees nie.
Jy weet, Hannes is my beste vriend, hy is my man, soms is hy my leermeester, hy het sy foute, maar my foute is baie meer as syne.  Soms is ek sy moeder?  (Nou beweeg ek op gevaarlike terrein.   :icon_biggrin: )   Maar regtig, ek is sy hoeder, is ek dan nie?
Waar sal hy sy daaglikse brood kry?  (Onthou, hy eet nie kaffie brood nie.) Waar kom sy gewaste en gestrykte klere vandaan?
Wie sorg dat hy 'n vars bed het om in te slaap en skoon vloere om op te loop. 
Om sonder 'n kolon te lewe is nie 'n grappie nie.  Bo in en onder uit en wie sal sorg?
Ek gee nie om nie.  Doen dit met liefde.  Hy is my Alfa en my Omega.  Sonder hom wil ek nie lewe nie.   :bootyshake:
Title: Re: Ons jaag op en af
Post by: Meraai vannie Baai on November 03, 2021, 05:02:17 AM
Wat jy hier geskryf het sink tot in my diepste menswees en ek kon net "AAAAAAAAA" uitkry  :love7: 'n Vrou duisend inderdaad is onse forummoedertjie.  :love7:
Title: Re: Ons jaag op en af
Post by: PM on November 03, 2021, 05:08:09 PM
Ek was besig om 'n plasing te doen voor ons gery het, toe wip die krag by die deur uit!  Ek het ook net voor dit gekyk na die video oor die gehoor en wou nog iets antwoord.  Nou weet ek nie waar jy dit geplaas het nie Raaitjie.  Help!  :munky2:
Title: Re: Ons jaag op en af
Post by: Antjie Patat on November 03, 2021, 05:31:43 PM
PM..... as almal maar net kan kyk na mense soos julle, (Raai en Naas ingesluit)... seven zakke zout, en respek vir mekaar, deurnis, omgee, en n liefde wat met jare die gom word wat n huwelik maak werk... en vir ander bewys....dis hoe dit moet wees,,,ongeag die struikelblokke in gesondheid...
Ek eis met die jonger geslagte, wat trou met die wanaangepaste idee dat opsie B die skeihof is....
Title: Re: Ons jaag op en af
Post by: PM on November 03, 2021, 08:32:19 PM
Antjie, ons is nou al 53 jaar bymekaar met 50 getroude jare.  Ons dink al aan dieselfde dinge en praat gelyk oor dieselfde onderwerp.   :toothy4:  Sewe sakke sout?  Watwo!  Sewe trokke vol!
Title: Re: Ons jaag op en af
Post by: PM on November 04, 2021, 12:21:13 PM
Skuus, ek moet nou eers gou gaan dokumente optel vir die hospitaal.  Sal later weer kom saam kuier.