• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Haar voete wil nog dans

Started by adele, October 03, 2021, 08:28:02 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Wanneer klipspringers teen kranse klouter
en oor rotse huppel
sien ek die skeppingwonder
hoor ek 'n meisie se handeklap en vrolike lag

Haar voete wil nog dans
in haar heupe voel sy wieg en swaai
maar in haar rug het die lewe opgehou
toe metaal opgefrommel is
met aaklige klanke 'n pad verlaat het

Maar haar oë wil nie dof raak nie
haar vreugde nie demp nie
sy deel haar glimlaggies oral uit
en haar liefde omhels elkeen in haar hart

©adéle theron
adéle  :grommit:

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek lief dit.  Soveel dankbaarheid!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Trapsoetjie

Baie mooi woorde.  :icon_study:
Dit laat my dink aan die woorde wat in my kop rond rol.
My liewe Taranee is op haar laaste en sy wil so graag nog hardloop en blaf, maar helaas is dit haar nie beskore nie.  :crybaby2:


:angel12:


adele

Hallooooo liewe Trappies  :love7:  :coffee2:  :love7:
Dankie julle en almal wat saamlees.
adéle  :grommit: