Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on October 03, 2021, 07:28:02 PM

Title: Haar voete wil nog dans
Post by: adele on October 03, 2021, 07:28:02 PM
Wanneer klipspringers teen kranse klouter
en oor rotse huppel
sien ek die skeppingwonder
hoor ek 'n meisie se handeklap en vrolike lag

Haar voete wil nog dans
in haar heupe voel sy wieg en swaai
maar in haar rug het die lewe opgehou
toe metaal opgefrommel is
met aaklige klanke 'n pad verlaat het

Maar haar oë wil nie dof raak nie
haar vreugde nie demp nie
sy deel haar glimlaggies oral uit
en haar liefde omhels elkeen in haar hart

©adéle theron
Title: Re: Haar voete wil nog dans
Post by: Naas on October 03, 2021, 08:32:05 PM
Pragtig.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Haar voete wil nog dans
Post by: PM on October 03, 2021, 09:22:09 PM
Ek lief dit.  Soveel dankbaarheid!   :hello2:
Title: Re: Haar voete wil nog dans
Post by: Meraai vannie Baai on October 04, 2021, 11:00:24 PM
 :notworthy: :book1: :icon_salut: :love7:
Title: Re: Haar voete wil nog dans
Post by: Trapsoetjie on October 06, 2021, 07:37:19 AM
Baie mooi woorde.  :icon_study:
Dit laat my dink aan die woorde wat in my kop rond rol.
My liewe Taranee is op haar laaste en sy wil so graag nog hardloop en blaf, maar helaas is dit haar nie beskore nie.  :crybaby2:


 :angel12:

Title: Re: Haar voete wil nog dans
Post by: adele on October 06, 2021, 08:30:53 AM
Hallooooo liewe Trappies  :love7:  :coffee2:  :love7:
Dankie julle en almal wat saamlees.