Author Topic: Jakkals se kind  (Read 3554 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Jakkals se kind
« on: September 22, 2021, 03:02:22 PM »
Hulle se dit vat 8 jakkalse om 'n pelsjas te maak.
Ek het nie eers geweet jakkalse kan naaldwerk doen nie.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jakkals se kind
« Reply #1 on: September 22, 2021, 04:59:36 PM »
 :dontknow:   Ek ook nie.  Sê Hannes. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Jakkals se kind
« Reply #2 on: September 26, 2021, 09:05:22 AM »
 :toothy4: Helllllllo Naas  :wave: Wonder hoeveel gesegdes is daar oor Jakkals se kind?  :book1: :dontknow: Assie jy het my nou aan die wonder. Sal moet gaan krap vir 'n antwoord nooi.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Jakkals se kind
« Reply #3 on: September 26, 2021, 09:40:27 AM »
Ons sal moet loer...

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Jakkals se kind
« Reply #4 on: September 26, 2021, 09:46:46 AM »
Jakkals:
Dit gaan op ‘n jakkalsdraffie = dit gaan redelik goed, of nie te goed en nie te sleg nie

Dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel = klein foutjies veroorsaak groot moleste

Hoe kaler jakkals, hoe groter stert = wie die minste besit, wil die meeste spog

Iemand is ‘n jakkals = ‘n listige, skelm persoon

Jakkals prys sy eie stert = gesê van ‘n persoon wat homself prys

Jakkals sê die druiwe is suur = gesê van iemand wat minagtend praat oor iets wat buite sy beheer is

Jakkals trou met wolf se vrou = die son skyn terwyl dit reën

Jakkals verander van hare maar nie van snare nie = ‘n skelm mens verander uiterlik maar nie innerlik nie

Jakkalsdraaie maak/gooi/loop = slim uitvlugte uitdink
‘n Kaal jakkals = persoon wat niks besit nie

Vir jakkals skaapwagter maak = die grootste skelm ‘n verantwoordelike pos gee

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Jakkals se kind
« Reply #5 on: September 26, 2021, 09:57:25 AM »
Jakkals nooi vir gansie:
Kom eet vanaand by my.
Daar's heerlike kossies en uintjies uit die vlei.
Nee dankie,
Se die gansie:
As ek vanaand by jou kom eet
Vreet jy my sekerlik op.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Jakkals se kind
« Reply #6 on: September 26, 2021, 10:29:24 AM »
Dink ek so by myself - ons klompie sal voorwaar 'n dooie jakkals aan die draf praat in die mooiste taal :bootyshake: Ai Assie, wanneer laas het ek daardie versie gehoor!
« Last Edit: September 26, 2021, 10:54:09 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Jakkals se kind
« Reply #7 on: September 27, 2021, 08:10:31 AM »
Ek het 'n baie sterk vermoede gehad dat iemand  :icon_bigsmurf: vir ons 'n klompie pragtige jakkals gesegdes gaan bring. Was nie verkeerd nie. Naas, jou doring.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jakkals se kind
« Reply #8 on: October 15, 2021, 06:51:28 AM »
Dankie Naas, jou ou jakkals.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.