Author Topic: Scam, verneukspul, slenter en wat nog.  (Read 2723 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Scam, verneukspul, slenter en wat nog.
« on: October 22, 2021, 01:39:09 PM »
Ons het 10 dae terug gegaan om duplikate van ons verlore motorvoertuigregistrasiesertifikate (daardie wat versuip het in die vloed) aan te vra.  Daar was 'n man wat gesê het hy werk vir die lisensiekantore en help mense om seker te maak dat die proses maklik verloop. So gesê so gedaan.  Hy was baie hulpvaardig, het gou gaan afskrifte maak van al die dokumente, gewys waar ons moet gaan om dit te laat sertifiseer ens.  Hy het die vorms gaan haal en ons gehelp om alles op die regte plek in te vul.  Teen hierdie tyd het ons hom al ten volle vertrou.  Soveel so dat ons die R500 per sertifikaat oorhandig het.  Hy het terug gekom met die papiere vir wanneer ons die sertifikate moet kom afhaal.  10 Werksdae later.  Nou oorhandig meneer 'n dokument wat wys dat daar R1800 uitstaande is vir boetes.  Hannes sê toe vir hom dat hy wil bewyse hê van waar en wanneer want hy het nog nooit boetes gekry nie. 
Die man is daar weg en kom terug met:  hulle is bereid om dit na R800 te verminder as hy nou dadelik die boetes betaal.
Ons weier. 

Vandag was die tien dae om.   Toe ons by die toonbank kom seg die dame daar dat die dokumente vervals is.  Hy het julle gesluk meneer! 
Ons het nou eers tuis gekom, na 'n hele oggend se nuwe afskrifte van ID en bewys van adres wat eers by die metro police gewaarmerk moes word.  Weer vorms ingevul ens.  My  bewys van woonplek is n water en ligte rekening van Leeupoort, maar daar is my adres net as posadres aangegee.  O wee, toe moes ons weer terug gaan metro poliesie toe om 'n be-edigde verklaring af te lê dat ons getroud is en ek by hom bly.   :icon_scratch:   Weer terug, weer in die ry.  7 Venstertjies met 3 mense wat daar werk.


Toe ek vra waar betaal ons dan kry ek die antwoord:  Julle betaal eers die dag as julle die registrasiepapiere kom afhaal.  Hoeveel?  R264 elk.   

Ek wonder hoeveel keer gaan ek nog met 'n slenter gevang word?





« Last Edit: October 22, 2021, 01:41:11 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Scam, verneukspul, slenter en wat nog.
« Reply #1 on: October 22, 2021, 02:53:09 PM »
Sollekke helsims.
Ek kan glad nie verstaan hoe wetgehoorsame mense rondgejaag word vir bewyse van wie jy is terwyl die skelms in dieselfde gange met vervalste dokumente lieg en bedrieg nie. Ek sê nou vir jou dis 'n inside job.
Verder... Wat is die verskil tussen hom en die donner wat snags my erf leegdra of die gaste wat hier kom woorde spoeg en plak na ander webtuistes toe sonder erkenning asof dit hul eie woorde is.
Skelm bly verdomp skelm.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Scam, verneukspul, slenter en wat nog.
« Reply #2 on: October 23, 2021, 07:02:59 AM »
 :crybaby2: :dontknow: :color:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Scam, verneukspul, slenter en wat nog.
« Reply #3 on: October 23, 2021, 08:59:05 AM »
Daar is soveel kriminele aktiwiteite daar buite dat daar instansies is wat mense help om emosionele bystand te vind. 


If you've been the victim of a scam, it can be extremely distressing, but support is available. Victim Support is an independent charity that supports victims of crime or traumatic events. When you report a scam to Action Fraud, they will ask if they can pass your details to Victim Support, who will then contact you to offer free, emotional and practical support. You can also contact Victim Support directly (0808 168 9111).
You may also find it helpful to talk to family and friends, or you can call Samaritans for confidential emotional support
on 116 123.
« Last Edit: October 23, 2021, 09:27:50 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Scam, verneukspul, slenter en wat nog.
« Reply #4 on: October 23, 2021, 09:06:14 AM »
 :love7: :hello2: