• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die onthou wat briewe bring

Started by adele, September 22, 2021, 01:57:19 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Die onthou wat briewe bring

Ek ruik die stofgeur wat lank geleë
dié van 'n blom, gemeng met muskus moes wees
vou versigtig deur die blaaie in kleur verdof,
ontbloot die vulpenwoorde in jasmynfyn skrif
en die siel van haar wat jeugdig sy naam sou dra
sy lewe moes deel en sy kinders wou baar.

Op die laaste blaai blom nog die blare van 'n roos
eens soos bloed so rooi, maar nou swart van gees
sy hart was met sykettings aan hare gebind
hul liefde onsterflik oor wye oseane gestrek
maar nooit het sy weer aan sy hand kon vat,
het hy sy ring, sy sielskyk aan haar kon pand.

Tussen die rotse van 'n eiland lê nog die seilskip se wrak
en hier 'n brief, eensaam gebêre, tot op haar sterwensdag.

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Die koue rillings gly hier teen my wese af!  Pragtig!   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

adele

net jammer ek kan nie 'n foto oplaai nie,  :love7: dannnkie lief PM
adéle  :grommit:

PM

Ek het die kraantjie wat op die forum was gespoeg en plak, toe werk dit vir my, maar die foto van die gedenkseel van Eva wou nie werk nie.    Dalk kan jy dit probeer en sien.
Om te weet is om te verstaan.