Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on September 22, 2021, 12:57:19 PM

Title: Die onthou wat briewe bring
Post by: adele on September 22, 2021, 12:57:19 PM
Die onthou wat briewe bring

Ek ruik die stofgeur wat lank geleë
dié van ’n blom, gemeng met muskus moes wees
vou versigtig deur die blaaie in kleur verdof,
ontbloot die vulpenwoorde in jasmynfyn skrif
en die siel van haar wat jeugdig sy naam sou dra
sy lewe moes deel en sy kinders wou baar.

Op die laaste blaai blom nog die blare van ’n roos
eens soos bloed so rooi, maar nou swart van gees
sy hart was met sykettings aan hare gebind
hul liefde onsterflik oor wye oseane gestrek
maar nooit het sy weer aan sy hand kon vat,
het hy sy ring, sy sielskyk aan haar kon pand.

Tussen die rotse van ‘n eiland lê nog die seilskip se wrak
en hier ‘n brief, eensaam gebêre, tot op haar sterwensdag.

©adéle theron
Title: Re: Die onthou wat briewe bring
Post by: PM on September 22, 2021, 05:03:15 PM
Die koue rillings gly hier teen my wese af!  Pragtig!   :notworthy:
Title: Re: Die onthou wat briewe bring
Post by: adele on September 22, 2021, 06:29:01 PM
net jammer ek kan nie 'n foto oplaai nie,  :love7: dannnkie lief PM
Title: Re: Die onthou wat briewe bring
Post by: PM on September 23, 2021, 03:41:52 AM
Ek het die kraantjie wat op die forum was gespoeg en plak, toe werk dit vir my, maar die foto van die gedenkseel van Eva wou nie werk nie.    Dalk kan jy dit probeer en sien.