• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wat is in 'n naam?

Started by Meraai vannie Baai, September 22, 2021, 12:48:40 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Google se vir my...

Naas jou naam se betekenis is "Vurig". Oorsprong - Engels

Wouter se betekenis is "heerser oor die weermag". Oorsprong - Nederlands.

:angel12:


Naas

O genade... Geen wonder ek kry warm gloede nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Dis 'n trotse naam, een wat nie bollie vat nie. Skuus wou 'n ander woord hier skryf maar besluit Bollie is seker beter.  :icon_biggrin:

:angel12:

Naas

Aai Trappies, ek is bevrees ek gebruik sommer die plat afrikaans sonder om te sleg daaroor te voel.
Maar jy is mos darem 'n welopgevoede dame so ek sal maar die vertaling in my kop doen.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Eers gou vertel hoe geseend ek voel vanoggend om geselsskap in die forumgange te he. Dit is verstommend hoe 'n plasing skielik weer lewe kry as iemand die deur oopmaak en 'n woordspoor los. Lief die forum as daar nie net geeste sweef nie. So van sweef geskryf.  Ek het nou amper verdwaal in my gegrawe in die kuberruim oor die verborge kragte in 'n naam. Natuurlik alles in Engels en toe tik ek 'wat is in 'n naam' en raai wat - die lei my toe reguit terug tot hier by julle. Dink ek het na my dwalery so klein bietjie korter geword want 'bitter en rebels' is nogal gewigtig om saam te sleep.

Daar is darem 'n paar bloubloednaamgenote vir Meraai vannie baai genaamd Maria Theresa of Austria, Mary of Burgundy, Maria Carolina of Austria  :headbang:

Antjie Patat

My naam is ANNA - alkant dieselle en ook MAGDALENA
"The name Anna comes to us from the Hebrew word חַנָּה (Ḥannāh or ‎Chanah), meaning "grace" or "favor."
Ek word ANNELIE, ANTJIE, EN  familie noem my LIEKIE genoem (Liekie van....Anneliekie)

"Magdalena means "of Magdala" with Magdala meaning "tower" (from Hebrew "migdál/מִגְדָּל")."

En ek is gefavor.... ek het oge wat nog kleure sien, ek het noh 2 hande en kan self loop en sowaar nog self eet ook. En NIKS met my proe organe verkeerd nie..
Ek kan darm so effense prentjie teken, kan bestuur en het n dak oor my kop. BOONOP kan ek op die forum vrinne rakk kuier ... ERG ge favor...