Author Topic: Dankbaar vir die forum PM  (Read 1542 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Dankbaar vir die forum PM
« on: October 01, 2021, 11:09:49 PM »
Ek wil vanoggend (julle slaaptyd) 'n spesiale dankie aandra vir ons forum moedertjie. Persoonlik weet ek waardeur jy wroeg en vou jou toe met omgee en verstaan. Dit is werklik 'n voorreg om deel te kan wees van die forum waar ons saam lag en ook saam kan huil tussen lyne. Dan wil ek ook 'n spesiale drukkie gee vir ons geliefde matertjie Adele. Jou geestelike bydraes sorg dat die ouvrou nie haar geloof toetentaal en al verloor nie. Naas, Assie, Antjie Patat - dankie dat julle hier is. Ek weet ons praat meestal met onsself maar die ouvrou  het julle nodig in haar lewe.

Soms voel dit ons klompie hou die forum kunsmatig aan die lewe maar daar is altyd iemand wat dwaal in die woordgange en as ons nie gasheer/gasvrou speel nie, gaan hulle ook nie meer kom inloer nie. Daarom vra ek mooi asseblief: Doet asb voort en woel met ons mooiste taal.

Ten slotte - ek gaan tot Maandag stillerig wees want ons gaan bietjie vir die kinders kuier op die Goue Kus voordat die Kouewit se slotte weer hang.

 :love7: :angel4: :coffee2:

met élke letter, élke woord
ritmies geskommel
in herkenbare vorm
vanaf die digter's palet
geskep uit die niet
verbeeld ons vrese en drome,
kommer en vreugde
wat stom na jou staar
vanuit titels en strofes
in kwatryn of koeplet
en in teenstelling
verbreek ons ook reëls
in komplementêre kontras
vermaak/vertroos
ons ABC skeppings
in speelse wanorde
met of sonder reëls.

 
« Last Edit: October 01, 2021, 11:19:56 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Dankbaar vir die forum PM
« Reply #1 on: October 03, 2021, 05:58:03 PM »
Kom veilig terug Ta Raatjie.

 :mumum:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dankbaar vir die forum PM
« Reply #2 on: October 03, 2021, 06:13:06 PM »
Die forum was groot gedeelte van die naweek van lyn af maar danksy Andre en Willa is ons weer aan die gang.
Ek het gister met PM gesels. Sy en Hannes is gesond en aan die gang maar baie besig en amper niks ontvangs op Leeupoort nie.
Sy het blowe om weer Dinsdag in te loer.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dankbaar vir die forum PM
« Reply #3 on: October 04, 2021, 11:39:56 AM »
Ons is veilig tuis na die lang naweek se kuiertjie by ons kinders op die Gold Coast. Ek begin 'n nuwe kursus more maar sal tussen in kom ondersteun en saam geniet  :icon_biggrin:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dankbaar vir die forum PM
« Reply #4 on: October 04, 2021, 11:43:12 AM »
Hoop Ra Raaitjie slaap toe oog vannag.

  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dankbaar vir die forum PM
« Reply #5 on: October 04, 2021, 10:53:02 PM »
 :toothy4: Tussen drie spinnegoggas en 'n foto raam wat verdwyn en dan weer van die plafon af in verskeie dele verskyn met die endproduk in geheel skoon skeef (enige iets wat skeef is dryf my teen die muur uit lol) het Ta Raaitjie oge toegemaak dankie ja  :headbang: was so gedaan gekuier dat ek nooit eers uitgeteken het hier op die forum nie.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Dankbaar vir die forum PM
« Reply #6 on: October 06, 2021, 09:04:40 PM »
Hallo hallo
Agteros....
Ek is net so dankbaar vir die forum, en dat ek julle (weer) kon raakskryf...
Baie dankie PM, en elke persoon se bydrae.
Ek val in en uit, maar ek is hier..
Ek wil gou n wilde draai gan gooi waar ek gemis het...
Lekkerte se nagrus aan ieder en elk aangevra

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dankbaar vir die forum PM
« Reply #7 on: October 07, 2021, 03:39:33 AM »
((((((Antjie Patat)))))) doet asb voort en kom loer gereeld in wanneer moontlik. Ek volg jou woordspore...  :love7: