Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on September 21, 2021, 11:48:40 PM

Title: Wat is in 'n naam?
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2021, 11:48:40 PM
Gisteraand lui ons foon en Outop antwoord. Ek kon dadelik aan sy gesigsuitdrukking sien dit is weer een van 'daardie' oproepe waar 'n kerriebek jou wil bevark. Die ou aan die anderkant van die lyn stel homself voor: "Hi there, good evening sir. My name is Adam." Outop kry so grinnik op sy bakkies en hak af met: "Hi Adam, this is Eve speaking". Dose stilte aan die anderkant  :icon_biggrin:

Oor die naweek verlang ek my kruppel na ons kinders en op die groepgesels van messenger stuur ek oudergewoonte weer 'n boodskap om te sê ek mis hulle elkeen en noem tong in die kies dat ek nog elkeen se naam kan onthou. Volgende oomblik sien ek dit is ons jongste Willem in Amerika wat tik. Kom die boodskap deur: 'Glad you still remember our names. Love. Steve.' Tik ek terug:  'Oh Stevie, I would never forget your name. You're one of my favorite girls!'
En nou is ou Willempie Sister Steve gedoop deur die drie girls :toothy4:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Assie on September 22, 2021, 03:30:06 AM
Daai kerriebek het seker gedink Eve is nou al so oud haar stem het al gebreek.

 :mumum:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 03:43:09 AM
Naas, ons is al moedeloos soos die ouens alles wil fieks en baie graag jou kredietnommer byvoorbaat nodig het.
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: PM on September 22, 2021, 05:29:22 AM
Geniet ek julle humor Raaitjie. 


Ek het die "cloud" en sy dinge 'n bietjie opgelees en daar val ek toe vas in die wonderlike tegnologie.  Toe ek my oe uitvee is ek al verby die oggendster. 
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Assie on September 22, 2021, 06:41:49 AM
Maar Antie PM, as dit bewolk is kan jy mossie die oggendster sien nie...
Behalwe as die wolk 'n rooiwynnewel is. Maar dan sien mens  :pottytrain2: :pottytrain2: re.

 :mumum:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: PM on September 22, 2021, 07:00:06 AM
Nee man Assie, dit is 'n ander "cloud", die een wat ver bo in die hemelruim swewe.  'n Computer wat ongelooflik slim en vinnig is.  Gaan lees 'n bietjie daaroor dit is baie interressant. 


Ja soveel sterre nê?
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Naas on September 22, 2021, 07:14:39 AM
Drie kinders stry oor wie se ouoa die beste was
Kind 1: my oupa was so lank, hy het die woonste se dak geverf sonder 'n leer.
Kind 2: my oups was so lank se kop was in die wolke.
Kind 3: wat het hy daar gesien?
Kind 2: hy se mens kan niks sien in die wolke nie.
Kind 3: het hy rondgevoel daar?
Kind 2: ja, hy se dit voel maar hol daar in die wolke.
Kind 3: dis my oupa se hol wat hy gevoel het.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: PM on September 22, 2021, 07:49:23 AM
Ha-ha. 
Tegnologie het ongelooflik uitgedei. 
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Antjie Patat on September 22, 2021, 08:46:14 AM
Assie en Naas....julle laat my lekker lag hoor...

Ek onthou Naas, toe ek n klein dogtertjie was, op die plaas in die Drakensberge, dan kom stadsjapies vir ons kuier, en dan is dit nou 'brag' van n ander gedaante.. maar (met respekte) oor Liewe Jesus.

Niggie: Liewe Jesus is so sterk, hy kan daai groot klip met een hand optel.
Nefie: Liewe Jesus is so sterk hy kan die koeie oplig
Niggie: Nee Liewe Jesus is so sterk, Hy kan die lorrie met mielies en al oplig bo Sy kop
Ekke: Liewe Jesus is so sterk, Hy is sterker as my pa.

Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Naas on September 22, 2021, 09:30:04 AM
 :hello2: :hello2: :love7:

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Trapsoetjie on October 09, 2021, 04:40:07 PM
Betekenis van jou naam!

Het jy al gewonder of dit jou persoonlikheid pas? Wel ek weet van een persoon wie dit nie pas nie.  :evil6: :evil6: :evil6:

Haar naam beteken blykbaar "hemelse hemele of hemelblou" sy is die teenoorgestelde.  :evil6: :evil6: :evil6: :evil6: Ons los dit maar daar.  :evil6: :evil6: :evil6: :evil6:

My naam beteken "Die ywerige heuningby..."  :evil6: :evil6:

 :angel12:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Assie on October 09, 2021, 11:29:32 PM
My pa is so sterk hy kan 'n trekkerwiel optel.
My pa is so sterk hy kan die trekker optel.
My pa is so sterk hy kan my ma optel.

 :mumum:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Meraai vannie Baai on October 09, 2021, 11:29:38 PM
Goeie vraag Trappies! Ek het altyd gewonder hoeveel invloed het 'n mens se naam op jou emosionele toestand. Tydens my skooljare het ek so gewens dat my ouers my ook 'n fensie naam gegee het maar ek het 'n string stoere boerename wat my skaduwee is. Was altyd verbaas oor die name van mense wat in die bybel verander het omdat dit 'n nuwe betekenis verteenwoordig.  Abram/Abraham. Sarai/Sarah. Jacob/Israel.  Simon/Cephas wat Peter beteken.
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Meraai vannie Baai on October 09, 2021, 11:30:38 PM
 :sign10: Assie, Antjie ek het nou baie onvroulik gebulder.  :headbang:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Naas on October 09, 2021, 11:49:13 PM
Naas - naaste of langsaan
Wat dit ookal beteken.
Op 'n stadium was ons 7 in die familie wat dieselfde name gehad het.
My Oupa, my pa, my oupa se broerskind, sy kind, my pa se twee broers se eerstelinge en ek.
Inatius Wilhelm Breytenbach.
Dit het alles gegaan oor 'n plaas wat geerf moet word deur oudste lewende Ignatius Wilhelm Breytenbach.
So het my oupa se broerskind die plaas onder die familie se gatte uit verkoop drie jaar nadat hy dit geerf het.
Dit was 'n hele familie skande toe ek my seun Wouter noem. Geen van my familie was op sy doop nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Trapsoetjie on October 10, 2021, 12:14:58 AM
Google se vir my...

Naas jou naam se betekenis is "Vurig". Oorsprong - Engels

Wouter se betekenis is "heerser oor die weermag". Oorsprong - Nederlands.

 :angel12:

Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Naas on October 10, 2021, 12:22:20 AM
O genade... Geen wonder ek kry warm gloede nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Trapsoetjie on October 10, 2021, 12:26:23 AM
Dis 'n trotse naam, een wat nie bollie vat nie. Skuus wou 'n ander woord hier skryf maar besluit Bollie is seker beter.  :icon_biggrin:

 :angel12:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Naas on October 10, 2021, 12:30:02 AM
Aai Trappies, ek is bevrees ek gebruik sommer die plat afrikaans sonder om te sleg daaroor te voel.
Maar jy is mos darem 'n welopgevoede dame so ek sal maar die vertaling in my kop doen.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Meraai vannie Baai on October 10, 2021, 12:34:22 AM
Eers gou vertel hoe geseend ek voel vanoggend om geselsskap in die forumgange te he. Dit is verstommend hoe 'n plasing skielik weer lewe kry as iemand die deur oopmaak en 'n woordspoor los. Lief die forum as daar nie net geeste sweef nie. So van sweef geskryf.  Ek het nou amper verdwaal in my gegrawe in die kuberruim oor die verborge kragte in 'n naam. Natuurlik alles in Engels en toe tik ek 'wat is in 'n naam' en raai wat - die lei my toe reguit terug tot hier by julle. Dink ek het na my dwalery so klein bietjie korter geword want 'bitter en rebels' is nogal gewigtig om saam te sleep.

Daar is darem 'n paar bloubloednaamgenote vir Meraai vannie baai genaamd Maria Theresa of Austria, Mary of Burgundy, Maria Carolina of Austria  :headbang:
Title: Re: Wat is in 'n naam?
Post by: Antjie Patat on October 10, 2021, 09:19:41 AM
My naam is ANNA - alkant dieselle en ook MAGDALENA
"The name Anna comes to us from the Hebrew word חַנָּה (Ḥannāh or ‎Chanah), meaning “grace” or “favor."
Ek word ANNELIE, ANTJIE, EN  familie noem my LIEKIE genoem (Liekie van....Anneliekie)

"Magdalena means “of Magdala” with Magdala meaning “tower” (from Hebrew “migdál/מִגְדָּל”)."

En ek is gefavor.... ek het oge wat nog kleure sien, ek het noh 2 hande en kan self loop en sowaar nog self eet ook. En NIKS met my proe organe verkeerd nie..
Ek kan darm so effense prentjie teken, kan bestuur en het n dak oor my kop. BOONOP kan ek op die forum vrinne rakk kuier ... ERG ge favor...