• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Verspreekte gesegdes/woorde

Started by Meraai vannie Baai, September 20, 2021, 01:21:39 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Wonder hoeveel keer verspreekte gesegdes/woorde ons tonge daagliks laat knoop? Lees ek op FB van 'n Suid Afrikaanse egpaar wat in Australia hoogs sukselvol kom boer het. Hulle het in SA 'n skaap- en graanplaas gehad.

Ek lees so ewe: Raap- en skraapplaas  :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai

#1
Lees ek die ene raak:
Ek het gister nog haar naam onthou, nou kan ek om die dood dit nie onthou nie, dit is hierdie vervlakste anoreksie!

Gesensor:
:toothy4: :icon_bigsmurf: Daar is sommige woorde wat 'n mens liefs nie jouself mee moet verspreek nie. Moes die onheilige plasing eers kom toedraai in watte en gaan weer probeer - As jy bul en tril verwar kan dit 'n groot moles afgee met al die gesegdes waar ons die woord 'bul' in Afrikaans gebruik. 


Assie

#2
Oupa het hoeka vir die veeartsie gese: Wanneer julle die bul melk vat julle al die plesier uit die koei se lewe.

Willie die bul sien die koeie anderkant die draad.
Hy skrop die grond en se: Ek is Willie die bul. Ek kan as ek wil."
Hy storm daai draad en spring. Met die oorgaan slag voel hy net 'n pluk. Toe hy omkyk sien hy sy sak hang nog aan die draad en hy se: Nou is ek Willie die os. Nou kan ek dit maar los."

:mumum:

Meraai vannie Baai

#3
 :sign10: :`ip2: Gelukkig kan 'n mens nie doodgaan van 'n oordosis lagpille nie anders was ek nou tiekets

Naas

Assie, dit smaak my daai bul is op heterdraad betrap.
Wat is 'n machanic sonder 'n toolboks?

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


Naas

Hy word die voorman in die parlemenr.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :`ip2: Vat so Flaffie. Hoe kon ek dit vergeet? My eie bloedbroer se toolboksdraer is nou sy voorman wie se spesialiteit voorheen, tee-maak-knaap was. 

Antjie Patat


Meraai vannie Baai

 :hello2: :headbang: So dankbaar dat jy kon glimlag matertjie. Lief die uitdrukking so tussen ons  :book1: :bootyshake:

Antjie Patat

So bekyk ek die 'icons' hierbo telkemale....
En ek wil so graag daai een wie se holle so wys, gebruik... dan bekyk ek met en sonner my bril... wys sy voete voorentoe of agtertoe...dit maak n helse verskil....
Nee, los berispe ek my, ek ken mos my 'luck'.... netnou weet almal hy buk nie, of weet niemand?
Of buk hy, en wys sy watsenaampie, of sy muis.... Het hy n muis?
En hier kom Meraai, en sy gooi hom...en ek bars amper uit van die lag...
Ek het julle gemis hoor

Meraai vannie Baai

Giggel ek nou lekker. Jy kan hom maar gooi ou Antjie. Onskadelik lol.

Naas

Vorentoe of agteruit. Wat wil uit moet uit. Daai gatseggie  :pottytrain2: is ook PM se gunsteling.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Antjie Patat


Meraai vannie Baai

PM: ...tussen die hand en die mond val die pap op die grond.  (Grond met 'n d, anders klink dit na stront)
:`ip2: