Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Die woordmandjie/Skrywers-skatkis => Topic started by: Meraai vannie Baai on September 20, 2021, 12:21:39 AM

Title: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Meraai vannie Baai on September 20, 2021, 12:21:39 AM
Wonder hoeveel keer verspreekte gesegdes/woorde ons tonge daagliks laat knoop? Lees ek op FB van 'n Suid Afrikaanse egpaar wat in Australia hoogs sukselvol kom boer het. Hulle het in SA 'n skaap- en graanplaas gehad.

Ek lees so ewe: Raap- en skraapplaas  :icon_biggrin:
 
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Meraai vannie Baai on September 20, 2021, 12:55:59 AM
Lees ek die ene raak:
Ek het gister nog haar naam onthou, nou kan ek om die dood dit nie onthou nie, dit is hierdie vervlakste anoreksie!

Gesensor:
 :toothy4: :icon_bigsmurf: Daar is sommige woorde wat 'n mens liefs nie jouself mee moet verspreek nie. Moes die onheilige plasing eers kom toedraai in watte en gaan weer probeer - As jy bul en tril verwar kan dit 'n groot moles afgee met al die gesegdes waar ons die woord 'bul' in Afrikaans gebruik. 

Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Assie on September 20, 2021, 03:39:54 AM
Oupa het hoeka vir die veeartsie gese: Wanneer julle die bul melk vat julle al die plesier uit die koei se lewe.

Willie die bul sien die koeie anderkant die draad.
Hy skrop die grond en se: Ek is Willie die bul. Ek kan as ek wil."
Hy storm daai draad en spring. Met die oorgaan slag voel hy net 'n pluk. Toe hy omkyk sien hy sy sak hang nog aan die draad en hy se: Nou is ek Willie die os. Nou kan ek dit maar los."

 :mumum:
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Meraai vannie Baai on September 20, 2021, 05:41:01 AM
 :sign10: :`ip2: Gelukkig kan 'n mens nie doodgaan van 'n oordosis lagpille nie anders was ek nou tiekets
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Naas on September 20, 2021, 08:14:05 AM
Assie, dit smaak my daai bul is op heterdraad betrap.
Wat is 'n machanic sonder 'n toolboks?

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Meraai vannie Baai on September 20, 2021, 08:34:51 AM
 :toothy4: ek wag in spanning...
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Naas on September 20, 2021, 08:53:04 AM
Hy word die voorman in die parlemenr.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Meraai vannie Baai on September 20, 2021, 09:18:55 AM
 :`ip2: Vat so Flaffie. Hoe kon ek dit vergeet? My eie bloedbroer se toolboksdraer is nou sy voorman wie se spesialiteit voorheen, tee-maak-knaap was. 
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Antjie Patat on September 20, 2021, 09:23:45 AM
 :sign10:
Genadige Maandag glimlagte
 :icon_study:
 :icon_salut:
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Meraai vannie Baai on September 20, 2021, 09:26:43 AM
 :hello2: :headbang: So dankbaar dat jy kon glimlag matertjie. Lief die uitdrukking so tussen ons  :book1: :bootyshake:
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Antjie Patat on September 20, 2021, 09:33:50 AM
So bekyk ek die 'icons' hierbo telkemale....
En ek wil so graag daai een wie se holle so wys, gebruik... dan bekyk ek met en sonner my bril... wys sy voete voorentoe of agtertoe...dit maak n helse verskil....
Nee, los berispe ek my, ek ken mos my 'luck'.... netnou weet almal hy buk nie, of weet niemand?
Of buk hy, en wys sy watsenaampie, of sy muis.... Het hy n muis?
En hier kom Meraai, en sy gooi hom...en ek bars amper uit van die lag...
Ek het julle gemis hoor
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Meraai vannie Baai on September 20, 2021, 09:40:06 AM
Giggel ek nou lekker. Jy kan hom maar gooi ou Antjie. Onskadelik lol.
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Naas on September 20, 2021, 09:48:32 AM
Vorentoe of agteruit. Wat wil uit moet uit. Daai gatseggie  :pottytrain2: is ook PM se gunsteling.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Antjie Patat on September 20, 2021, 11:19:25 AM
 :sign10: :bootyshake:
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2021, 03:25:24 AM
PM: ...tussen die hand en die mond val die pap op die grond.  (Grond met 'n d, anders klink dit na stront)
 :`ip2:
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: PM on September 21, 2021, 08:46:21 AM
Brandewyn - Rooiwyn het nie brieke nie.   :color:   Let daarop dat 'n mens Rooiwyn met 'n hoofletter spel.  :notworthy:

Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Naas on September 27, 2021, 06:43:03 AM
Ou tante Babie (uitgesreek baabie en nie beibie soos in die liedjies nie) van die Paarl het vreeslik maklik geskrik. Al staan jy voor haar en begin net skielik praat, skrik sy en begin praat in tale. Ek sal liewerste nie vertaal nie maar deel van haar rympie was "donnerse bul tril". Glo my die res was erger.
As kinders, o my sonde, het ons haar gereeld skrik gemaak om ons woordeskat uit te brei. (gits, weet ek nou nie hoe om daai bry te spel nie.)

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Meraai vannie Baai on September 27, 2021, 07:36:31 AM
Vermoed die laaste 'y' is reg Naas. Ek lankal besef mens moet jou nie verspreek met tril as jy van bul wil praat nie. Nou weet ek hoekom - dit leer kindertjies in tale praat.
Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2021, 03:19:14 AM
Antjie Patat se verspreekte woorde

Ek gaan juis die naweek saam in die wildtuin kamp en sleep twee kinnertjies saam, want hulle moet die liefde leer.. 

om nou die woord "sleep" by die kinnertjies te gebruik...aitog!

Ek gaat hulle in die kar laai en so saam sleep.. en nie agter die towbar aan nie.

Title: Re: Verspreekte gesegdes/woorde
Post by: PM on October 19, 2021, 10:45:32 AM
'n Mens se verbeelding raak mos op loop as jy iets wat jy geskryf het weer lees en jy besef dat dit nog 'n ander betekenis ook kan hĂȘ.   :dontknow: