Author Topic: Covid  (Read 3471 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Covid
« on: September 12, 2021, 06:47:44 PM »
Mense, by Elmarie se werk gaan dit nie goed nie.
Sy het Covid gekry in eerste piek. Tweede piek was stil in ouetehuis.
Nou op die gatkant van die derde vlaag het Covid die mense wat geweier het om te ent en isoleer aangevat. Vanaf Woensdag het hulle reeds vier inwoners aan die dood afgestaan. Groot gedeelte van personeel is siek.
Sy kry nerens suurstof vir die siekes met asemnood nie en hospitale kan nie die siekes opneem nie.
Dis toetale chaos. Ek het my vrou nog nooit so moeg en moedeloos gesien nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Covid
« Reply #1 on: September 12, 2021, 09:05:29 PM »
Ek is so jammer om dit te hoor.  Sy is so dedicated en ek weet hoeveel haar werk en die mense na wie sy omsien vir haar beteken,  Dit is so jammer.  Gee vir haar 'n drukkie van my. 
Ons het al altwee ons prikkies gekry en behalwe vir 'n seer arm vir twee of drie dae, het ons geen negatiewe simptome ervaar nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Covid
« Reply #2 on: September 12, 2021, 09:40:21 PM »
Dankie. Sal vir haar se.
Ek en sy is ook darem altwee volledig geprik. Voel kompleet soos 'n stuk kafferwaatlemoenkonfeit.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Covid
« Reply #3 on: September 12, 2021, 09:43:03 PM »
Goeiste, dit is net jy wat prikkies met kafferwaatlemoenkonfyt kan vergelyk!   :sign10:   Ag Naas, ek lag die buurt wakker! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Covid
« Reply #4 on: September 12, 2021, 11:08:27 PM »
Ek kon nie help om wyd te glimlag vir die prik se vergelyking tussen die wegvee van 'n traan oor die situasie wat Elmarie haarself in bevind. Ons het gehuiwer oor die prikkery tot ons terug is in die cowboybeskawing. Was bekommerd oor die minimale gevaar van klonting, veral omdat ons met lang tye in die Outbacks sou wees waar jy soms vir 300km geen brandstof kan kry nie en die afstand meet in sinkplaathobbels. Het darem nou die eerste prik gehad. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Covid
« Reply #5 on: September 12, 2021, 11:22:04 PM »
Ek dink die eerste skrikmaak oor die prikkies het 'n blywende impression gelos.  Mense glo steeds dat hulle slegter daaraan toe sal wees met dit as sonder dit.  Ek kan eerlik sê, op 70 met 'n vergrote hart en ander mediese probleme, het die prikkie geen negatiewe invloed op my gehad nie.  Ek glo wel dat ek beter daaraan toe is as sonder dit. 
Ek glo ook dat in die toekoms jy nie sal kan toer sonder die inspuiting nie.  Ander lande sal jou  nie toelaat nie.  Dit gaan my verstand te bowe, want, jy kan nog steeds die siekte opdoen, jy kan nog steeds 'n ander aansteek, maar prik moet jy geprik word. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Covid
« Reply #6 on: September 13, 2021, 06:19:18 AM »
Jy is reg PM maar onthou dat as jy nie geprik is nie het jy GEEN kans om die siekte te oorleef nie.
As jy geprik is gaan jy gouer gesond word en potensieel minder mense aansteek.
Ons moet almal enige negatiewe aanmerkings en opmerkings oor die prik probeer vermy want oningeligte mense gryp hierdie aanmerkings en gebruik dit as humis om meer onsekerheid te kweek.
 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Covid
« Reply #7 on: September 13, 2021, 07:49:00 AM »
Ek dink Elmarie sou ons almal se oge laat oopgaan het maak nie saak hoe bang en onseker ons is oor die inenting nie. Enigste newe effek wat ek ervaar het van eerste prik was verergering van hartritme-versteuring en langdurige brand en swaargevoel op bors vir so twee dae, maar ek het ook geweet dat dit 'n teken is die enstof doen sy ding al is ek eers regtig twee weke later blykbaar in die proses om my teenliggaampies gevegsfront toe te stuur. Die proses is begin en dit bring vertroosting vir my.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Covid
« Reply #8 on: September 13, 2021, 08:55:50 AM »
Dit het geen negatiewe simptome by my, Hannes en ons vriende gehad nie, behalwe die seergevoel van waar die naald in die spier gedruk is.  Ons het nie eers die prik gevoel nie, net die ongemak, want dit was nie pynlik nie.
'n Vriendin van my het ook 'nernstige longprobleem en die entstof het haar ook geen skade gedoen nie.
Die Wêreld Gesondheids Organisasie  (WHO) sal ook nie toelaat dat mense entstof ontvang wat lewensgevaarlik is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Covid
« Reply #9 on: September 19, 2021, 08:20:23 AM »
NAAS, baie sterkte vir jou vroutjie, ek het na baie wik en weeg ook my eerste een 14de gehad.
Dit is ongelukkig so, dat as jou land se bestuur met soveel korrupsie en bedrog besig is, en dan hoor jy hoe die geld wolwe die entstof wou manupileer om hulle sakke so vol te stop, dat gn 'belt' die broek kon bo hou nie, dan twyfel jy maar erg.

Ons is n vreeslike groot familie aan ma se kant. En ons 53ste geval positief is nou die dag aangemeld. Verder het ons 2 neefs, minder as n maand uit mekaar aan die dood afgestaan oor Kersfees en Nuwejaar, en twee weke gelede my niggie en haar man net 6 dae uitmekaar.

Dit is die beter ding om te doen op die oomblik

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Covid
« Reply #10 on: September 19, 2021, 12:44:35 PM »
 :crybaby2: Dit is skokkend om te lees hoeveel mensies in julle familie kennis gemaak het met die naarste gogga Antjie. Innige simpatie met die verliese. Ek het ook my eerste shot gehad en oor twee weke die tweede ene. Outop kry syne volgende week.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Covid
« Reply #11 on: September 19, 2021, 04:22:47 PM »
Die 2 neefs waarvan ek gepraat het was ook 2 broers (my neefs, maar hulle kom uit een gesin. ) Die een wat in Gauteng bly was op 23 Desember 2020 saam ons in die kerk vir sy jonger broer se roudiens...minwetend dat hyself kort daarna by sy broer sou aansluit...

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Covid
« Reply #12 on: September 20, 2021, 03:25:15 AM »
Koue wit.

Nee, koue wit
is nie 'n wintersport.
Koue wit kruip weg
agter 'n masker,
tronk jou in die huis vas.

Koue wit oes,
van oud na jonk.
Word elke keer iets anders
wat in 'n nuwe baadjie pronk.

Koue wit steel jou asem
tot jy eensaam
in die hospitaal...
Versmoor.

'n steek of twee
kan die koue wit keer
sodat dit nie so erg gebeur.
Maar hardegat die mens
terwyl hy asem het.
Tot daardie koue wit ding
hom op sy kniee dwing.
Dan word asemloos gepleit.

Maar die koue wit ding
gaan nie gou ontmasker.
Gaan nog lank
sy eensaam oorlog voer.
Eensaam in die huis getronk...
Eensaam in die winkelsentrum...
Eensaam in die hospitaal...
Eensaam in 'n houtpak...
Eensaam...

Eensaam... is ons redding
Eensaam... in die graf.

Kies jou eensaam...

© Assie

 :mumum:


Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Covid
« Reply #13 on: September 20, 2021, 05:43:47 AM »
Assie, my mond hang letterlik oop. Tussen jou en oom Naas sal almal wat saam gelees het nooit kan vertel dat hulle nie BAIE mooi tussen die lyne kon sien wat gebeur as mens jou aan strooi steur en die koue wit sy kloue om jou slaan nie!

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Covid
« Reply #14 on: September 20, 2021, 09:26:25 AM »
Ek stem Raaitjie, Assie 'nailed it'....ek is bang vir die Afrikaans van daardie ene......