Author Topic: Rapuhti  (Read 4894 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Rapuhti
« on: October 27, 2018, 12:50:23 PM »
Net aan die noordekant van die R116 vanaf Bela Bela na Thaba lê Raphuti, 'n nedersetting wat bestaan uit 'n klompie RDP huise en sink kaias. 
Thaba is so 60 kilometer van hier af en dan is Bela Bela (Warmbad) 72 kilometer in 'n oostelike rigting.  Die oorgrote huise in Leeupoort Vakansiedorp is vakansiehuise.  Ons het so 70 weduwees met 'n karige inkomste.  So te sê al die ander inwoners is pensioenarise.
Die meeste huise is maar naweekhuise, (baie klein) dus word dit net een keer per week skoongemaak.  Omdat die diere tussen die huise deur beweeg kan jy nie tuin maak nie.  Dit beteken dat hier nie baie werksgeleenthede is nie.   Armoede is aan die orde van die dag.  Dit is selde of ooit dat jy iemand sien wat 'n pondjie botter is.  (Of 'n pondjie potter het, vir wat dit werd is.)
Raphuti se water is gratis, maar die wat "bevoorreg" is, het meterkrag.  As jy geld het om krag te koop is jy gelukkig. 
In die winter kry ons diere swaar.  Die munisipaliteit gee nie kos nie en die veld is baie uitgetrap. 
Ons doen wat ons kan om orals uit te help, maar ons eie pogings strek net so ver.
Vanoggend hoor ons iemand sing en gaan uit om te kyk wat gebeur waar.  Dit is sowaar 'n paar vrouens wat vir ons kom sing het om dankie te sê vir ons bydrae om die gemeenskap te help.  Manne, wat 'n wonderlike gevoel van waardering.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Rapuhti
« Reply #1 on: October 28, 2018, 07:46:16 AM »
is dit nie wonderlik nie, ek het al geleer dat ons nie hoef te weet wanneer mense waardeer wat ons doen nie, goed doen nie, want dan gaan die eer nie meer aan God nie. maar tog laat Hy soms toe dat waardering deurkom na ons toe sodat ons nie moet moedeloos raak en dink ons doen iets verniet nie
 :love7:   :coffee2:   :love7:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rapuhti
« Reply #2 on: October 29, 2018, 01:47:02 PM »
Hier waar ons woon kry ons daagliks die voldoening om iets te gee of iets te doen.  Al is dit net 'n paar koolblare vir 'n honger bokkie.
Vroegoggend kom klop die fisante aan die kamer se skuifdeur om te vra waar is hulle kos dan vandag.   :icon_biggrin:
Wat is dan nou lekkerder om 'n broodjie te bak of 'n soppie te maak en dit met iemand te deel.  Wat 'n plesier!   :notworthy:


Dit is geen moeite om iets ekstra te koop en saam te bring van die dorp af nie.  (Dit is 50 kilometer van ons af) en as jy geen manier het om self daar uit te kom nie, kan ons mos iets saambring of jou saamneem.  Wat 'n vreugde! 
« Last Edit: October 29, 2018, 01:49:29 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Rapuhti
« Reply #3 on: March 09, 2020, 08:17:35 AM »
Ek verlang na 'n kuier, maar by gebrek aan fisiese kontak, is hierdie forum 'n heerlike halwe eier, in plaas van 'n leë dop, né? Hallo almal, so met die inloer kom ek hier af op PM se vertelling en wonder toe wat ek kan deel... so laat ek vertel wat netnou deur my hart gegaan het, ek wil so graag positief bly, te midde van baie drama wat ons omvou, maar waarvan ons meestal totaal onbewus is. En ek gaan dit ook nie nou deel nie. Maar noudat ek op die dorp nesskrop, het ek 'n voordeel ... Melk, vars melk af die plaas, eniger oggend afgelewer op my voorstoep .... soos dekades gelede 'n lekkerte was wat almal in die stad of dorp, sommer gerieflik aanvaar het. (EK moet net eenkant noem dat hierdie ongelukkig net by die toegesluite pallasade-hek is, want niemand wil meer sonder goed-omheinde leefplek, gemaklik voel nie)
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rapuhti
« Reply #4 on: March 09, 2020, 02:45:43 PM »
'n Kuier sal nou baie welkom wees.   :hello2:  Nou moet ons maar hier kuier.  Dit is beslis beter as niks. 
Hier in die bos broei al wat 'n vogeltjie is uit en ons geniet die nuwe lewe.  Die nuwelinge lyk tog so deurmekaar.  Tog, na nog 'n week of twee is hulle vere netjies aftermekaar. 
Ons het twee rooi neushorings met kleintjies in die nes.  Ons het al gedink daar gaan niks aan nie, want mevrou sit al twee maande in die nes.  Meneer voer geduldig.  Vanoggent hoor ons daar is iets aan die gang.  Dit lyk regtig of ons nuwelingetjies het!  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.