• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Rituele gewoonte

Started by Assie, September 09, 2021, 08:41:51 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

Ek wil die verskil tussen ritueel en gewoont weet.
My oom begin soos 'n roomse priester sy hemp en broeksakke klap vir sy pakkie sigarette. As dit nie daar is nie raak hy baie emosioneel. Gewoonte of ritueel?

Meraai vannie Baai

Krap kop soos een wat luise het. Ek het 'n ritueel wat ander gewoonlik teen die muur uitdryf. My goete moet van klein na groot gerangskik word in die koskas, kunskas, yskas - you name it, hulle staan so in gelid uit rituele gewoonte?

PM

Assie, wat jou oom aanbetref is dit 'n baie slegte gewoonte.  (Rook is nie goed vir jou nie)   maar die priester doen die ritueel ding.   :dontknow:
Raaitjie, joune is 'n goeie gewoonte.  (Netjies maak is 'n goeie gewoonte)   :toothy4:



Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Goeie gewoonte of te not mater, dit raak 'n pyn as ons nuwe inkopies gedoen het want dan herrangskik ek van vooraf. Tyd- en asemrowende gewoonte man  :icon_biggrin:
Assie, ons jongste het net soos jou oom ook so geklap-klap-soek na sy 'nyf' (ouma en oupa het singletons gesnuif) en hy het 'n lee blikkie gekry van een van die twee af en in sy broeksakkie gedra. Net 'n baksteen hoog was dit omtrent 'n gedoente om te aanskou as hy eers altwee kante van sy borsie 'n klap gee en dan kom die gatsakkies aan die beurt met gepaardgaande: "Waa my nyf?"

PM

Hier diep iewers in my kreukelkamerkluis lê daar 'n klein onthoutjie van aambeie en Oom Naas met vuurhoutjies of iets. Naas, kom help tog jongie.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Laat ek nou maar vir julle vertel wat ek met my moerbeie doen.
Dit vat so 'n week dan is hulle weg vir amper ewig.
Na elke stoelgang was jy die ongedierte met sterk oplossing van soutwater. Droog dit goed af en smeer sommer bietjie skoon fyn sout aan die ongediertetjie.
Na so vyf tot sewe dae is die klein blikskottel so dors dat hy afspring om water te drink wanneer jy op die toilet gaan sit. Dan spoel jy hom doodeenvoudig vinnig weg. Einde van die probleem.

PM

Dit is goeie raat.  Oom Naas sal vir jou kom vertel wat hy met syne doen.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Het die raat hoeka by Oom Naas gekry. Tussen hom en Oupa is daar nie tyd vir self dink nie.

:mumum:

Antjie Patat

waa my nyf..... lieflike onthou...ek lag te lekker.... my oupa het gepruim... ek seg niks verder.....behalwe dat daar n spoegmatjie betrokke was....

PM

My oupa het net pyp gerook en baie gesuip toe hy jonk was.  Na my ouma se dood ontmoet hy toe 'n ander tannie.  Daai ander tannie het hom gou reg gesien.   :violent1:   Dit is hierdie selfde oupa van my wat moes trou!   :la:   My tannie is twee jaar jonger as ek.   :love1:   My oupa was 82 toe hy oorlede is.  Ek dink dit was hy wat geseg het dat solank 'n ouman nog 'n lee sak kan sleep is hy ok.  Weet een van julle dalk wat dit beteken?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Giggel ek darem nou alte lekker hoor  :icon_biggrin: PM, ek vermoed dit kan dalk iets te he met 'n ou bok en jong blare  :icon_biggrin:

Assie

#11
Weet nie van sakke rondsleep nie maar deesdae se modes lyk mos of mans hangholle en kort bene sindroom het. Regte spul slapgatte.
Groot geraas... Moerse stilte... Groot geraas... Moerse stilte... Groot geraas... Stofwolk die kar in gebroke lyne die plaaspad af hier na ons toe. As mens dit nou 'n kar kan noem. Die ding is so laag oppie grond dat die kereltjie elke tien tree moet stilhhou en eers die klippe voor die kar moet optel sodat dit nie die chrome van sy uitlaatstelsel afskraap nie. Die uitlaatstelsel is groter as die dorp se afvoerpype.
En elke slag as hy so stilhou kom die lap uit om die stof van die blink wiele af te vee.
Oupa het hom by die hek gaan inwag met die trekker. Wat Oupa daar vir hom gese het weet ek nie maar hy het het maar 'n dertigpunt draai op die plaaspad gemaak en is weer al brullende, gebrokelynstofstreep terug waar hy vandaan gekom het.
Ja, sug Oupa, as 'n man se onderstel die plaaspad skoonvee gaan hy nooit die lande geploeg kry nie.

:mumum:

PM

Ek wonder dikwels of dit nie daai slim oupa van jou is wat jou op die rak hou nie of is julle kop in een mus?   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Miskien moet ek maar my waardes laat val. Ek soek 'n man op 'n trekker, nie 'n moffie op 'n stofsuier nie.

:mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ai, ek sal nou weer eerder wil ploeg terwyl hy die matte suig en die kos kook.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.