Author Topic: Fonte  (Read 1586 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Fonte
« on: September 20, 2021, 09:46:16 PM »
Ek wonder of iemand vir my kan verduidelik hoekom party plasings se fonte so klein is.
Die brille wat hulle deesdae maak vergroot nie meer so lekker nie nou sukkel Naas se katerakke om die klein woordjies te verstaan.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Fonte
« Reply #1 on: September 20, 2021, 10:43:29 PM »
Oeps! 
Ek sê net vandag vir Hannes dat ek nie kan onthou wanneer ek vir die eerste keer met "copy and paste" spoeg en plak, te doen gekry het nie.  Dit was regtig toe Tesla nog kerse gebruik het. 
Ek sukkel soms om resepte uit te druk, (nie lemoene nie, resepte)  Wanneer ek dit nie direk gedruk kry nie, spoeg en plak ek dit in 'n nuwe e-pos, en siedaar, dit soebat om gedruk te word. 
Dit gebeur dan wanneer ek spoeg en plak, van gewone luigatgeit, dat die font of lewensgroot of piepklein uitpop. 
Dit is tog net te lekker om 'n resep uit te druk in plaas daarvan om dit af te skryf.  Moet asseblief nou nie kom staan en mor oor bome en goete nie.   :bootyshake:


« Last Edit: September 20, 2021, 10:45:00 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.