Digkuns > Kom ons help mekaar

'n Uitdaging

(1/4) > >>

PM:

Hier is die uitdaging aan almal wat 'n pen wil waag op gister se papier.

Ek het vir Raaitjie geskryf:
Ek gaan "'n Uitdaging" plaas by 'n nuwe onderwerp.  Dit gaan oor die "truspieeltjie" wat ek deesdae in my sak saamdra.  As niemand kyk nie dan haal ek dit skelmpies uit en staar daarin terug na gister.

Dalk kan almal help deur 'n mooi gedig te skryf, dan kan Raaaitjie of enige iemand anders, almal sy bydraes saam vleg om een gedig te maak.  Wie speel saam?

Assie:
In my truspieeltjie se venster
trek ek die blommetjies gordyne oop
en ek loer deur die ruite na gister.

Gister...
So lank al verby...
Gister...
Hartseer en verlies...
Gister...
Vreugde en vrede...

Gister se vrot appels
bemes die bloeisels van more.
Gister se vreugde-oes
verlig die pad na voor.

Maar heelaas
is gister agter my,
En as ek omkyk omkyk gaan
Kan ek dalk in more
se appelboom vas ry.

So spieeltjie spieeltjie in my hand
Waar sal my kopligte more brand?

 :mumum:

PM:
Pragtig Assie.  Dankie vir die saamspeel.  Ek skribbel nog aan myne. 


Oom Hannes seg mos, hoe meer haas hoe minder skilpad.   :icon_biggrin:

Naas:
Aai Assie. Daai kopligte.

In my truspieeltjie
verdwyn die gisters
teen sestig minute per uur
in die horison se vergeetmy lyne.

My hart verlang
na gister se mense
wat verklein en verdwyn
in die vergeet van my truspieeltjie.

Terwyl die stof gaan lĂȘ
en beelde vervaag
in die vergeet
en verdwyn in die gisters,

snel ek blindelings
die toekoms in
na onbekende paaie
teen sestig minute per uur.

en more...
more verdwyn vandag se mense
in die stofwolk
van die horison se vergeetmy lyne.

in die horison se vergeetmy lyne.
teen sestig minute per uur
verdwyn die gisters
In my truspieeltjie


 :icon_bigsmurf:

PM:
Die gedig laat my voel asof dit soos 'n horlosie lees. Al om en om, sestig minute per uur . . .
Baie goed gedoen Naas. 


Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version