Digkuns > Kom ons help mekaar
'n Uitdaging
PM:
Hier is my poging. Kan julle help asseblief?
Soos ‘n muil is ek
met oogklappe aan.
Blind vir gister,
gefokes op more.
In my truspieël
sien ek jou ‘n mirage van gister.
Jou beeld bewe
in de golwe.
Hoekom nou nou
ontsnap jy uit my gister,
bekruip jy my van agter,
volg jy my,
wek jy emosies
wat ek lankal verban het.
Ek plaas ‘n bewende hand
op my toegeklampte hart
om die rukking te beheer.
In my truspieël
sien ek jou verdwyn
agter die heuwel,
in die stof,
terug in die verlede.
Meraai vannie Baai:
Lief PM dink dit kan 'n pragtige saamskryf-projek word. Ek sal myne ook aandra, net eers die grysstof olie! Julle gedigte is pragtig en gee my 'n blik op julle gisters.
:notworthy: :book1:
Meraai vannie Baai:
Truspieël Poësie
Die gordyn het gesak en verwagtinge
word gestewel en gespoor weggevoer
na dáár waar ons môres, geïllustreerd
in gisters se as lê ...
*ek het die slotvers geskryf (?) :hello: :read2:
PM:
Dit is regtig baie mooi. Nou moet die Woorddief alles bymekaar gooi en een gedig skryf. Ons kan dalk 'n bietjie wag, dalk is hier nog iemand wat wil saamspeel.
Meraai vannie Baai:
Hopenlik kom skryf nog ouens saam. Vandat jy die uitdaging gerig het aan ons, draai my gedagtes in sirkels en ek besef dat ons aan gister nie 'n jota of titel kan verander nie. Dit is verby en tog ry dit ons nog bloots. Paar keer gelees dat ons vandag nog kans het om more se gister te vul met mooi en kosbare onthou.
Ter nagedagtenis: PM, gaan jy dit nog oorweeg om die forum oop te stel? Het die ander maters laat weet hoe hulle voel oor dit? Skiesie vir al die vra maar ek het gesien hoeveel keer hierdie onderwerp ook alreeds gelees is vandat jy dit geplaas het en daar is beslis nog lesers wat die forum geniet, ek weet ons is letterlik net 'n handjievol wat betrokke is op die oomblik :crybaby2:
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
[*] Previous page
Go to full version