• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

grendels 2020

Started by adele, June 18, 2020, 04:57:53 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

ingeperk en gehok in jou hart
soos 'n tronksel se koue binnekant
eensaam die spel wanneer jy roep
en net jou eggo koggelgroet

jou huismure weerkaats liefde
jou vensters bring lig
maar jou siel smag na vryheid
wat die buitekant jou kan bied

ontsnap na waar die sterre
teen nagfluweel se hange blink
daar pluk jy 'n maanblom en tokkel
'n lied op die ritme van jou hart

hoe lank nog ingegrendel
onder die vaandel van 'n virus
hoe lank nog voorgee om te vertrou
wanneer alles om jou verval en verflou

mag ons geloof in ons Heer
ons dra en toekomsmoed gee
laat die middag ons knielend vind
ons hande ewig in Christus s'n gebind

©adéle theron 
[/font][/color]
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


PM

Whow!  Pragtig geskryf lief vriendin.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.