ingeperk en gehok in jou hart
soos ‘n tronksel se koue binnekant
eensaam die spel wanneer jy roep
en net jou eggo koggelgroet
jou huismure weerkaats liefde
jou vensters bring lig
maar jou siel smag na vryheid
wat die buitekant jou kan bied
ontsnap na waar die sterre
teen nagfluweel se hange blink
daar pluk jy ‘n maanblom en tokkel
‘n lied op die ritme van jou hart
hoe lank nog ingegrendel
onder die vaandel van ‘n virus
hoe lank nog voorgee om te vertrou
wanneer alles om jou verval en verflou
mag ons geloof in ons Heer
ons dra en toekomsmoed gee
laat die middag ons knielend vind
ons hande ewig in Christus s’n gebind
©adéle theron
[/font][/color]