Author Topic: Die geheimsinnige pophuis  (Read 1203 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Die geheimsinnige pophuis
« on: May 11, 2020, 08:20:35 PM »
Karlien word genooi om by haar tannie-hulle op die plaas te gaan kuier. Sy is opgewonde en begin sommer ñ week voor die tyd in te pak.
Sy is in haar kamer besig toe hulle die getoet van ñ motor hoor. Dit is haar tannie Mandie wat haar kom haal. Soos blits gryp sy haar tas en hardloop voorhuis toe. Na ñ oor en weer gegroet , vertrek hulle. Dit is nog ver plaas toe. Haar tannie is n regte babbelkous en kort voor lank, gesels Karlien lekker saam. By die plaas aangekom, kom groet haar oom Jan haar met ope arms. Hy drink eers saam met hulle tee, prop sommer so met die opstaan koekies in sy sak. Sy gesig lyk stout toe tannie Mandie kamma met hom raas. Karlien lag te lekker. "
Die  volgende oggend verken Karlien die huis. Haar tannie is besig om beskuit te bak. Hulle huis is propvol tierlantyntjies, want haar tannie is ñ versamelaar van formaat. In die een kamer waar Karlien instap, is dit so donker dat sy niks kan sien nie. Sy trek die gordyne oop en lig stroom by die venster in. Iets trek haar aandag soos ñ magneet.
In die hoek staan die mooiste pophuis wat sy al ooit gesien het. Haar hande slaan oor haar oophangende mond. Haar ogies staar net en toe staan sy reg voor die pophuis. "Reg vir ñ prinses", fluister sy. Sy bekyk elke besonderheid en verlustig haarself daarin. Haar handjie strek uit om daaraan te raak terwyl sy dink" ek wens ek kan daarin woon."
Skielik krimp sy en toe sy haar ogies oopmaak,  staan sy aan die onderpunt van die trappe. Sy kan haar ogies nie glo nie! Sy loop versigtig op met die trappe en die hout kraak onder haar gewig. Toe sy bo kom, kyk sy op en af in die gang. Waar moet sy eerste gaan? Sy skrik haar bene lam toe sy ñ geluid hoor. ñ Fraai klein robot kom na haar toe gerol op wieletjies. " Wat is jou naam?", vra hy op ñ eentonige stem. "My naam is Karlien en joune?" " My naam is Jogi en wat doen jy hier?" "Ek het gewens dat ek hier kan woon en hier is ek nou", vertel Karlien. Eerste keer wat sy met ñ robot praat. Sy draai weg van hom af en gaan by die een kamer in. Sy trek haar skoene uit en spring sommer op die bed. Sy kan dit nie in haar eie huis doen nie, nou spring sy hier. Dis mos nou hààr huis dié. Sy hoor sirenes en sien rooi ligte toe die robot in die kamer ingerol kom. "Hou op, hou op!" Skree hy. Karlien hou op spring en wip haar vir hom. Sy gly van die bed af en gaan na die badkamer. Daar tap sy ñ halwe bottel babbels in die bad en tap sy die bad vol. Sy klim in die bad en plas tot die vloer sopnat is. Weer kom die robot met ñ groot geraas binne en skree: "Hou op, hou op water spat!" Karlien spring uit die bad en stoot die robot op en af in die gang. Sy skater vir sy swaaiende arms en kop wat heen en weer draai. Moeg gespeel met Jogi, voel sy hoe haar magie grom, maar gaan na die sitkamer en begin ñ vuurtjie in die kaggel. Jogi kom in, maar maak geen geluid nie. Met sy arm spuit hy skuim uit en maak die vuurtjie dood. Sy skree sommer op Jogi:" Jy gun vir my niks nie!" en hardloop kombuis toe. Nou is sy behoorlik honger. Sy maak al die kaste oop en daar is niks. Nie eers die yskas is regtig nie. Sy gaan sit op die stoel en lê haar kop op haar arms. ñ Snik ruk uit haar lyf en toe nog een. Kort voor lank huil sy lustig. Sy voel iets lek haar toon en toe sy haar kop oplig, is dit Krummel, haar tannie se gemmer kat. Sy begin sommer lag, want sy is terug in haar tannie se kombuis. Die geur van vars beskuit prikkel haar neus en sy eet gulsig.
Haastig gaan sy na die vertrek waar die pophuis is en ja..daar staan dit nog! Met nadere ondersoek, sien sy die robot in die hoekie staan in die kombuis. Dan was dit nie net ñ droom nie?
Natuurlik het haar tannie en oom saamgespeel toe sy hulle van die geheime pophuis vertel. Hulle het haar aangeraai om volgende keer vriende te maak met Jogi en nie weer so stout daar te wees nie. . .
« Last Edit: May 11, 2020, 08:37:52 PM by Anicia »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die geheimsinnige pophuis
« Reply #1 on: May 14, 2020, 04:45:59 PM »
 :toothy4: interessant
adéle  :grommit:

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Die geheimsinnige pophuis
« Reply #2 on: May 14, 2020, 10:04:47 PM »
 :love7: dankie dat jy gelees het Adele :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die geheimsinnige pophuis
« Reply #3 on: May 16, 2020, 01:56:11 PM »
Mooi so.  'n Goeie skrywer het 'n goeie verbeelding nodig.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die geheimsinnige pophuis
« Reply #4 on: May 24, 2020, 11:08:41 PM »
 :notworthy: :toothy4: :notworthy:

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Die geheimsinnige pophuis
« Reply #5 on: November 21, 2020, 12:13:24 PM »
Dankie vir die Lees sus Van very