• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ná milde reën

Started by adele, January 02, 2020, 06:28:33 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

ek stap ná milde reën
langs velde vol vygies
wat toevou wanneer als
binne jou verdonker
maar juigend oopmaak
uitsprei in malse kleurespel
wanneer sonlig jou hart omarm
liefde jou wese vul
oor die vaal damwal stort
en wegvloei om elkeen
wat jou sfeer binnekom
langs jou lewe aan te raak

©adéle theron

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#1
Liefste mater ek gaan hierdie pragtige bydrae van jou ook uitstal by ons praatverse  :book1: :notworthy: :icon_salut:
Dit sluit nou aan by die wat ek reeds van jou geleen het:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4338.msg29605#msg29605

PM

en loop ek vandag in die kwekery en sien die "malse kleurespel" van die vygies, hoog in die blom en ek weet, my matertjie weet van woorde, van gevoelens, van karakter.  Hierdie forum van ons sal so arm wees sonder jou!  Dankie dat jy deel lief Adele. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

#3
Liewe vriendinne... Julle ondersteuning onder my arms is so gereeld voorop in my gedagtes  :love7:
adéle  :grommit:

PM

Dit kom uit die hart uit lief Vriendin.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

Dankie baaaaie, ek weet en waardeer dit soooo baie.
Nog so klein stukkie prosa met groot nuus wat na al die jare na my kant toe gekom het.... My prosa vir VLU vir vanjaar het op die area konferensie begin van die jaar 4de gekom, maar is deur na verlede week se streekskongres in Bloemfontein waar ek eerste plek gekry het. Nou gaan dit deur na die SA byeenkoms in Pretoria.  :love7:  :love7: my vorige beste in Bloemfontein was 4de.plek.

Maar weer wys dit dat as ek ook dun nerfies gehad het, ek nooit daar sou kom nie, want met geen naskoolse Afrikaanse studies of skryfopleiding nie, kom als wat ek weet van julle groep af, van Woes se dae al.
:love7: :love7: :toothy4: :toothy4: :love7: :love7:
adéle  :grommit:

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Baie geluk Adele.  Jy is 'n ster.  Enige ou kan toe-oog sien hoe ongelooflik jou werk gegroei het.  Die Vroue Landbou Unie doen goed vir kuns in die algemeen.  Dit is net jammer dat hulle op die agtergrond is hier in die stede. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

Maar stede-vroue kan mos nie landbou nie  :toothy4:
adéle  :grommit:

adele

O ja, ek wou nog byvoeg dat Jaco Jacobs nie weet wie is ek nie, maar ek weet wie is hy en ek dink die wêreld van sy uitstekende kinderboeke. Hy was die beoordelaar van ons prosa in Bloemfontein  :hello2: vir hom.
adéle  :grommit:

PM

Is daar 'n kans dat ons ook jou prosa te siene kan kry?
Dit is goed dat die beoordeellaars jou nie ken nie.  Dit  maak net seker dat jy op eie meriete (verdienste) gewen het. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

Ek sal probeer onthou om dit te kom plaas na afloop van alles. Dan mag ek mos  :love7: Al kry ek daar die minste punte, sal ek darem weet iemand het dit goed geag  :wave:

Dis nogal baie verwarrend wanneer elke beoordelaar se emosies en gevoelens van die volgende verskil. Dis dieselfde met enige iets wat nie soos 2+2=4 presiese puntetellings kry nie. Naaldwerk-items of gebak en konfyt, foto's of skilderye en blommerangskikkings kan ook nie alles in elke persoon se smaak val nie. Daarom moet spelling en sins/paragraaf-konstruksie ten minste perfek wees, al verskil jou storie hemelsbreed van 'n ander s'n.
adéle  :grommit:

PM

Jy laat my nou dink aan die seun wat baie ongelukkig was omdat hy nie 'n plek in die resies gewen het nie.  Sy pa sê toe vir hom dat die belangrikste was dat hy aan die resies deelgeneem het en dit voltooi het. 
Ons sal geduldig wag, soos Raaitjie seg, ek boek my plek! 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hier sit en wag ek nog steeds!  Kom deel dit met ons asseblief Adele.  Asseblief!
Om te weet is om te verstaan.

adele

Liewe vriendin, ek het nog nie weer kans gehad vir inloer nie, vanoggend was die eerste keer. Ek was so rukkie uit aksie maar kom nou by. Ek het in pretoria 84% vir daai prosa gekry. Ek gaan die nou kom plaas. Dankie baie vir julle ondersteuning  :wave:  :toothy4:
adéle  :grommit: