Author Topic: VLU Prosa 2021  (Read 1141 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
VLU Prosa 2021
« on: November 18, 2021, 09:00:22 PM »
Ek en die Internet

   Van hierdie huisie waarvan ek lankal droom, se stoep af, tuur ek oor die see. Saam met die internet drink ek my koffie. Ons gesels al van vroegoggend af. Ek vra en die internet antwoord. Ek soek en hy vind. Wat ‘n fees, dink ek stilweg, net nie hardop dink nie, dan koggel hy jou.

   Nie so lank gelede nie, kon ek nog dagdroom oor die Ou Kaap of die ontdekking van ‘n eiland in die Trope. Storieboeke was daar om in trappe van verbeelding, lugkastele te bou.

   Nou stap ek saam met die internet die herfstyd van my lewe binne. Ons gaan toer!

   Ek geniet die laaste koffieslukkie so met ‘n lekkie oor my lippe en gaan spoel die beker uit voor ek strand toe stap. Die rotse is nog glad van die nag se misreën, maar die son se strale is reeds opgewarm om dit veilig droog te bak. Ek hurk langs ‘n poeletjie water en beskou weer die krappies. Nooit sal ek genoeg kry van die vreemde diertjies se gewoontes nie.

   ‘n Rukkie later stap ek die seewater in opsoek na skulpe. Dan duik ek ondertoe, na waar die koraalriwwe my roep. Die kleure is wonderlik en die wete dat hulle lewe, laat my weer oorbluf. Die internet vertel my dat korale omtrent net in warm oseane, na aan die kus, voorkom en dat tropiese water min voedingstowwe bevat, tog floreer 'n koraalrif hier soos "'n oase in die woestyn."

   Die woestyngedagte lok my om deur die Kalahari na die Namibwoestyn te gaan toer en ‘n paar dae later besef ek die ooreenkoms. Daar is ook niks, maar die plek lewe! Nagdiertjies is volop. Reptiele krioel hier. Bokke, van die klein dik-dikkie tot elande en selfs renosters en olifante word nog hier aangetref.

Ek vou my skootrekenaar toe en gaan klim in my ouetehuisbed. Wat ‘n dag, dink ek. Môre wil ek verder toer. Tim Berners-Lee, het jy ooit kon dink hoe die internet, wat jy ontwikkel het, die geskiedenis sou verander en ons ou mense kon laat rondtoer?

( 342 woorde)

Konferensie … 3de plek
Kongres 85% … 1ste plek
SAVLU Kongres 29/10/2021 … 84%
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: VLU Prosa 2021
« Reply #1 on: November 19, 2021, 05:05:58 AM »
Uitstekend geskryf Adele.  Baie dankie dat jy dit kom deel het.  Dit is sulke kosbaarhede wat die forum maak wat dit is.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.