• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

’n Man sonder naam

Started by adele, January 10, 2019, 07:43:30 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

'n Man sonder naam was op pad,
van Jerusalem na Jerigo het hy gestap.
Met stok en swaard, genadeloos,
het rowers hom daar ingewag ...
in donker beswyming, half dood
sonder hoop op hulp, hom daar laat lê.

Kom 'n priester daar verby
besluit om die gewonde te vermy.
'n Leviet stap ook van veraf al
met 'n wye draai om hom.
Rower... priester ... leviet?

Al sou sy volk die Jode haat,
kniel 'n Samaritaan langs hom
om innig jammer sy wonde
met olie en wyn te versorg;
op sy donkie het hy hom gelaai,
by 'n herberg vir versorging gelaat
en by sy terugkeer daarvoor betaal.

Vergeet dan jou strikvraag aan Jesus
as jy naasteliefde nie wil ken.
Vreemdeling op aarde, het Hy
ons Samaritaan geword,
uit Sy pad gegaan om ons lief te hê
en ons sonde op sy skouers te lê.

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Jy weet hoe om 'n storie te dig matertjie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

adele

 :love7: dis sommer van lekkerte as die woorde so aangestap kom.
adéle  :grommit:

PM

Om te weet is om te verstaan.