Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on January 10, 2019, 07:43:30 AM

Title: ’n Man sonder naam
Post by: adele on January 10, 2019, 07:43:30 AM
’n Man sonder naam was op pad,
van Jerusalem na Jerigo het hy gestap.
Met stok en swaard, genadeloos,
het rowers hom daar ingewag …
in donker beswyming, half dood
sonder hoop op hulp, hom daar laat lê.

Kom ’n priester daar verby
besluit om die gewonde te vermy.
’n Leviet stap ook van veraf al
met ‘n wye draai om hom.
Rower… priester … leviet?

Al sou sy volk die Jode haat,
kniel ’n Samaritaan langs hom
om innig jammer sy wonde
met olie en wyn te versorg;
op sy donkie het hy hom gelaai,
by ‘n herberg vir versorging gelaat
en by sy terugkeer daarvoor betaal.

Vergeet dan jou strikvraag aan Jesus
as jy naasteliefde nie wil ken.
Vreemdeling op aarde, het Hy
ons Samaritaan geword,
uit Sy pad gegaan om ons lief te hê
en ons sonde op sy skouers te lê.

©adéle theron
Title: Re: ’n Man sonder naam
Post by: PM on September 22, 2021, 06:23:12 AM
Jy weet hoe om 'n storie te dig matertjie.   :notworthy:
Title: Re: ’n Man sonder naam
Post by: adele on September 22, 2021, 12:53:58 PM
 :love7: dis sommer van lekkerte as die woorde so aangestap kom.
Title: Re: ’n Man sonder naam
Post by: PM on September 23, 2021, 04:01:03 AM
Dit is beslis 'n gawej.