Author Topic: Oom Angus se saamtrek  (Read 4268 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Oom Angus se saamtrek
« on: October 22, 2018, 04:12:29 PM »
Ek gaan komende naweek 27 Oktober bietjie vir oom Angus kuier.  Dis sal my eerste keer wees.  Ek en vroulief het besluit om saam as gelowiges op ons huweliksherdenking (komende Saterdag die 27ste) 'n rugsakkie te pak en die lang stap aan te durf na die "It's Time"  Pretroia samekoms vir gebed.   Ons los vir kabouters by ouma en dus net ek en liefie hand aan hand om God te eer en dank en vra dat hy ons en ons gesin in diens sal neem as lewende offers tot sy glorie en wil.

Ek is baie opgewonde om dit saam met haar te kan doen.   Deur al die uitdagings van ouers en egpare wees gedurende die uitdagende tye waarin ons lewe, besef ons dat dit alleenlik op die vaste rots van God se woord en wil kan geskied!

Kamp is koning!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #1 on: October 22, 2018, 07:31:03 PM »
Met baie seer op my voorstoep, is jou woorde 'n krans van vreugde op my woorde-lewe. Geniet dit, maak soos jy beplan, dis 'n verskriklike groot voorreg om saam met jou maat God se dissipels te kan wees.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #2 on: October 23, 2018, 11:11:05 AM »
Dit sal wonderlik wees as jy kom deel as julle terug is.  Mag dit vir julle 'n wonderlike ervaring wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #3 on: October 23, 2018, 08:30:16 PM »
Ja ek sal vir julle 'n paar fotojies kom wys en bietjie vertel  :angel3:
Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #4 on: October 24, 2018, 10:30:56 AM »
Dit sal gaaf wees.  Ek wag in spanning.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #5 on: October 27, 2018, 05:42:36 AM »
No ja, die tyd het aangebreek.   Moet gou ons rugsakke pak en dan sal ek en Jonika die pad aandurf  :angel3:
Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #6 on: October 27, 2018, 09:00:07 AM »
Voorspoed.  Geniet dit.  Vroulief het 'n pragtige naam.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #7 on: October 27, 2018, 04:46:51 PM »
Hoe ver se stap was dit?
adéle  :grommit:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #8 on: October 27, 2018, 07:47:55 PM »
Ons is terug nadat ons geseend was om hierdie dag saam met miljoene ander gelowiges te deel in gebed vir Suid Afrika.

Adele, ek skat ons het so 3 km gestap tot by die hoof verhoog.  So 6km totaal vir die dag.   Ek en vroulief het saam 7 powerade's + 6 L water gedrink.

Hier 'n klompie foto's wat ek geneem het:

8am ons begin stap-


En stap nog ...


Hoof verhoog ...  (onthou daar was nog 29 ander)


Panorama foto's by hoof verhoog:


Hier is ons klaar en almal begin die uittog:
Kamp is koning!

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #9 on: October 27, 2018, 07:57:25 PM »
Hierso is 'n skakel na 'n video van waar ons gesit het toe almal die Nationale Volkslied gesing het:

https://youtu.be/kKyRFFgKIEc
« Last Edit: October 27, 2018, 08:23:01 PM by Anton Louw »
Kamp is koning!

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #10 on: October 28, 2018, 06:00:15 AM »
Hierso is nog 'n skakel na 'n kort weergawe van oom Angus se preek en die boodskap way hy glo God aan hom gegee het om vir Cyril Ramaphosa te gee.

https://youtu.be/mN-3Lbu_5yc
Kamp is koning!

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #11 on: October 28, 2018, 08:50:26 AM »
Ja vriend,  die lewe en al sy daaglikse bekommernisse en onsekerhede kan 'n mens baie maklik onder kry. Ek glo dit waarna  verwys word as oogklappe kan ook vertaal word as ongeloof?  Ongeloof is dan seker direk 'n resultaat van geloof in al die leuens wat rondgaan en vertel word?

Eintlik is ongeloof 'n baie eenvoudig ding om te verstaan vir ons gelowige mense wat as dwase uitgemaak word. Die eenvoudige veklaring van ongeloof waarna ek (die dwaas) verwys is die resultaat van dié een wat leuens oor God vertel.  Daardie een (Lucifer) wil nou daagliks rondloop en alle mense verlei om te glo dat God NIE sal voorsien nie, dat God NIE bestaan nie. Die Leuens dat alles van JOU as mens afhang en dat die menslike dinge en uitdagings rondom JOU groter as God is en dan ook die leuen dat God se skuldoffer en vergifnis NIE voldoende is nie. 

Ek is baie dankbaar dat ek gister by die gebedsbyeenkoms kon gewees het saam met my vroulief. Wat beteken dit vir my?    Gebed en geloof in God beteken dat ek hom erken as skepper,  voorsiener en as die een wat in beheer is.  Gister het ons Hom benader en gevra om beheer te neem oor die situasie in ons land en in ons lewens.  Ons het die leuens eenkant toe geskuif en ons oë en vertoue op Hom gerig! (Nie op Angus nie,  op God)
« Last Edit: October 29, 2018, 04:27:09 PM by Anton Louw »
Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #12 on: October 29, 2018, 01:39:05 PM »
Baie dankie vir die deel Anton.  Ek waardeer jou moeite baie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #13 on: November 06, 2018, 12:09:38 PM »
Al antwoord ek nie, lees ek Anton, dankie vir die deel .... Soms 'gesels-lees' ons so in die wandelgange, dat ek vergeet om 'n spoor agter te laat. Maar dis nie dat ek nie belangstel nie ...
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Angus se saamtrek
« Reply #14 on: November 06, 2018, 03:28:28 PM »
Anton, ons was by 'n ander geleentheid waar iemand vertel het hoeveel swart mense teenwoordig was.  Ek kon dit ook op jou foto's sien. 
Om te weet is om te verstaan.