Ja vriend, die lewe en al sy daaglikse bekommernisse en onsekerhede kan 'n mens baie maklik onder kry. Ek glo dit waarna verwys word as oogklappe kan ook vertaal word as ongeloof? Ongeloof is dan seker direk 'n resultaat van geloof in al die leuens wat rondgaan en vertel word?
Eintlik is ongeloof 'n baie eenvoudig ding om te verstaan vir ons gelowige mense wat as dwase uitgemaak word. Die eenvoudige veklaring van ongeloof waarna ek (die dwaas) verwys is die resultaat van dié een wat leuens oor God vertel. Daardie een (Lucifer) wil nou daagliks rondloop en alle mense verlei om te glo dat God NIE sal voorsien nie, dat God NIE bestaan nie. Die Leuens dat alles van JOU as mens afhang en dat die menslike dinge en uitdagings rondom JOU groter as God is en dan ook die leuen dat God se skuldoffer en vergifnis NIE voldoende is nie.
Ek is baie dankbaar dat ek gister by die gebedsbyeenkoms kon gewees het saam met my vroulief. Wat beteken dit vir my? Gebed en geloof in God beteken dat ek hom erken as skepper, voorsiener en as die een wat in beheer is. Gister het ons Hom benader en gevra om beheer te neem oor die situasie in ons land en in ons lewens. Ons het die leuens eenkant toe geskuif en ons oë en vertoue op Hom gerig! (Nie op Angus nie, op God)