• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Boete vir Naas en Anastasia

Started by PM, October 17, 2018, 12:49:17 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Julle word beboet!  'n Dierevers van julle elkeen of julle gaan reguit tronk toe.  Julle gaan nie eers by begin verby  nie, sommer reguit tronk toe!   :angel7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Giggel ek opgewonde. Outop het so gesegde as die wekker afgaan om aan te dui hy moet nou padvat werk toe soggens half sewe.
"Go to work. Go straight to work!"

Anton Louw

Gaan Naas en Anastasia pakslae kry?  :`ip2:    Ooooh Lekker!  :icon_biggrin:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

By die ou forum het ons sulke ABC boetes uitgedeel as iemand drooggemaak of nagelaat het om 'n bydrae te maak. Dit was pure woordpret Anton en ek het soveel skatte daar gaan gaps en bewaar wat ons nog steeds vreugde verskaf.  Ons sal sien of daar 'n boeteversie van die twee geliefde maters gaan verskyn of nie.

PM

Nee wat, ons sal hulle net 'n strafversie laat skryf.   :evil6:   Jy kan hulle altyd op koffiediens plaas.  Siende dat hulle altwee onderwysers is sal hulle presies weet waarvan ek praat. 
Ek hoop hulle is gesond en het nie ander probleme nie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Oeeeepsie!  Wat is die 'aanklag '?  Gereelde afwesigheid?  Waar plaas ek my versie?  Sommer hier of is daar n spesiale kampie op ou Mcdonald se plaas?  :grommit:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Ek is so bly om jou hier raak te loop.  Die aanklag is - om PM onnodig te laat bekommer oor julle -
Jy kan dit hier plaas en ek wou baie graag 'n dieregediggie ook sien, maar dit kan een en dieselfde wees.
As dit 'n dieregediggie is kan jy dit daar plaas.  Dankie hoor.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Skuus man.  Ek was erg bedrywig, is eintlik steeds, met my aanlyn skool/studentehulp.  Maar dit gaan verder baie goed, behalwe vir die normale oumensklagtes.  Ek sal my versie gaan pen op ou McDonalds se diereversie plek
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Pragtige gedig Anastasia. Ek het hom raakgelees op FB en styf duime vasgehou dat hy hier ook uitgestal gaan wees. Nou wag ons in spanning vir ons geliefde mater Naas se skepping.

Anastasia

Ek is nou properlies bekommerd oor ons Naas haas.  Wonder waar is hy?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ek het hom gedurende ons dag hierdie kant van die aardbol sien dwaal deur die gange maar voor ek hom nog kon vaskeer in 'n hoekie was hy alweer skoonveld. Mis mis mis hom julle en glo almal voel dieselfde  :crybaby2:

As die ink in penne opdroog
eggo 'n duisend woorde
deur verlate teaters
van siele en hol klanke
verdor gebeentes en ekke
mis die winterkaroswoorde
van sielematers
nes julle!

Naas, waar is jy mater? Ons filang.

PM

Ag dis nou pragtig Raaitjie.  'n Hele bekvol waarheid.


Ek hoop ook die ou is net dikbek en nie siek nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hallo Naas, ek sien jou, een twee drie blok vir Naas.  Hoekom is jy so stil matertjie?

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Julle ken my al langer as vyftien jaar. Julle behoort darem teen die tyd te weet dat ek niks sê as ek niks te sê het nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Ons ken mekaar al lank.
Ondervinding op Woes en ander plekke het my geleer om sekere onderwerpe te vermy omdat ek anders dink as ander en woorde wat verkeerd op die oor val maak seer waar salf nie help nie.
Uit die aard van my bydraes is daar ook ander onderwerpe wat my laat verkies om stil te bly omdat ek nie ander vriende wil affronteer nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.