Author Topic: 'n Boete vir Naas en Anastasia  (Read 10001 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
'n Boete vir Naas en Anastasia
« on: October 17, 2018, 11:49:17 AM »
Julle word beboet!  'n Dierevers van julle elkeen of julle gaan reguit tronk toe.  Julle gaan nie eers by begin verby  nie, sommer reguit tronk toe!   :angel7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #1 on: October 18, 2018, 12:33:57 AM »
Giggel ek opgewonde. Outop het so gesegde as die wekker afgaan om aan te dui hy moet nou padvat werk toe soggens half sewe.
"Go to work. Go straight to work!"

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #2 on: October 18, 2018, 05:55:11 AM »
Gaan Naas en Anastasia pakslae kry?  :`ip2:    Ooooh Lekker!  :icon_biggrin:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #3 on: October 18, 2018, 06:10:43 AM »
By die ou forum het ons sulke ABC boetes uitgedeel as iemand drooggemaak of nagelaat het om 'n bydrae te maak. Dit was pure woordpret Anton en ek het soveel skatte daar gaan gaps en bewaar wat ons nog steeds vreugde verskaf.  Ons sal sien of daar 'n boeteversie van die twee geliefde maters gaan verskyn of nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #4 on: October 18, 2018, 10:08:02 AM »
Nee wat, ons sal hulle net 'n strafversie laat skryf.   :evil6:   Jy kan hulle altyd op koffiediens plaas.  Siende dat hulle altwee onderwysers is sal hulle presies weet waarvan ek praat. 
Ek hoop hulle is gesond en het nie ander probleme nie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #5 on: October 18, 2018, 10:27:38 AM »
Oeeeepsie!  Wat is die 'aanklag '?  Gereelde afwesigheid?  Waar plaas ek my versie?  Sommer hier of is daar n spesiale kampie op ou Mcdonald se plaas?  :grommit:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #6 on: October 18, 2018, 10:33:22 AM »
Ek is so bly om jou hier raak te loop.  Die aanklag is - om PM onnodig te laat bekommer oor julle -
Jy kan dit hier plaas en ek wou baie graag 'n dieregediggie ook sien, maar dit kan een en dieselfde wees.
As dit 'n dieregediggie is kan jy dit daar plaas.  Dankie hoor.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #7 on: October 18, 2018, 05:33:25 PM »
Skuus man.  Ek was erg bedrywig, is eintlik steeds, met my aanlyn skool/studentehulp.  Maar dit gaan verder baie goed, behalwe vir die normale oumensklagtes.  Ek sal my versie gaan pen op ou McDonalds se diereversie plek
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #8 on: October 18, 2018, 11:31:31 PM »
Pragtige gedig Anastasia. Ek het hom raakgelees op FB en styf duime vasgehou dat hy hier ook uitgestal gaan wees. Nou wag ons in spanning vir ons geliefde mater Naas se skepping.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #9 on: October 19, 2018, 12:28:10 PM »
Ek is nou properlies bekommerd oor ons Naas haas.  Wonder waar is hy?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #10 on: October 19, 2018, 12:32:35 PM »
Ek het hom gedurende ons dag hierdie kant van die aardbol sien dwaal deur die gange maar voor ek hom nog kon vaskeer in 'n hoekie was hy alweer skoonveld. Mis mis mis hom julle en glo almal voel dieselfde  :crybaby2:

As die ink in penne opdroog
eggo 'n duisend woorde
deur verlate teaters
van siele en hol klanke
verdor gebeentes en ekke
mis die winterkaroswoorde
van sielematers
nes julle!

Naas, waar is jy mater? Ons filang.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #11 on: October 19, 2018, 01:59:40 PM »
Ag dis nou pragtig Raaitjie.  'n Hele bekvol waarheid.


Ek hoop ook die ou is net dikbek en nie siek nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #12 on: October 19, 2018, 02:13:21 PM »
Hallo Naas, ek sien jou, een twee drie blok vir Naas.  Hoekom is jy so stil matertjie?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #13 on: October 19, 2018, 09:02:12 PM »
Julle ken my al langer as vyftien jaar. Julle behoort darem teen die tyd te weet dat ek niks sê as ek niks te sê het nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
« Reply #14 on: October 19, 2018, 09:19:16 PM »
Ons ken mekaar al lank.
Ondervinding op Woes en ander plekke het my geleer om sekere onderwerpe te vermy omdat ek anders dink as ander en woorde wat verkeerd op die oor val maak seer waar salf nie help nie.
Uit die aard van my bydraes is daar ook ander onderwerpe wat my laat verkies om stil te bly omdat ek nie ander vriende wil affronteer nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.