Author Topic: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!  (Read 7520 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« on: August 29, 2018, 07:13:20 AM »
Laat ek met julle deel, een van my passies / stokperdjies   en om partykeer die kop skoon te kry.    Ek hou daarvan om foto's te neem van hierdie goed wat mens gewoonlik net in boeke sien.     Ek noem dit ook time travel, want van die lig wat op my kamera se sensor val is partykeer 100 de en duidende en honderde duisensde tot miljoene jare terug afgeskei en bereik nou eers ons spikkel.

Southern Pinwheel Galaxy beter bekend as Messier 83   -   15 miljoen ligjare -  yip, die lig het 15 miljoen jaar geneem om by my kamera uit te kom!


So 'n bietjie nader, snaaks dat hierdie planeet waar vroumense vandaan kom soos 'n hoofpyn pil lyk? Venus


En nog 'n bietjie nader, ons eie maan


ok, nog enetjie,   Mars
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #1 on: August 29, 2018, 07:20:11 AM »
Trippel WOW!!! So dankbaar ek kan dit sien. Dit is fantastiese fotografie. Liefffffff die hoofpyn ene   :`ip2:

Ek moet hierdie blad met Outop deel. Hy gaan dit so waardeer.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #2 on: August 29, 2018, 03:35:12 PM »
dankie Anton! ek geniet ook die verre-ewige-ruimte se foto's
adéle  :grommit:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #3 on: August 30, 2018, 06:48:20 AM »
Hierso nog 'n klompie.

Een van my gunstelinge, Saturnes:


En hierdie een, my heel gunsteling!  Orion Nebula:  Dit is nou die middelste "sterretjie" wat mens in Orion se gordel kan sien en is eintlik nie net 1 sterretjie nie!  In die foto kan al 3 gesien word van heel links na regs.
« Last Edit: August 30, 2018, 07:10:32 AM by Anton Louw »
Kamp is koning!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #4 on: August 30, 2018, 07:07:29 AM »
My kan maar nog van die plaas Anton. Dit maak die ruimtereisiger in my wakker.




  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #5 on: August 31, 2018, 04:17:42 PM »
Laat ek julle bederf met nog 'n paar van my fototjies.

Jupiter, met sy GRS  (Great Red Spot)  na ons kant toe:



Messier 61  of die "Spiral Galaxy"   52 mil ligjare weg. (beskrywing van hoe die foto geneem is verder ondertoe)


....iets wat glad nie sigbaar is met die oog of deur my klein 6 duim teleskoop nie.


Messier 61 is 'n "Spiral Galaxy" in VIRGO.   Hy is 52 Miljoen ligjare weg van ons af en ook deel van die bekende Virgo Cluster waar baie Galaxies in 'n groep bymekaar sit.   M61 is die grootste "spiraal" sisteem. in die Viro groep.

1 Bly op die voorwerp:   Hierdie voorwerp is baie klein en baie ver.  Ek kan hom nie met die oog deur my teleskoop sien nie.  Ek het gebruik gemaak van die volle 1500mm van my teleskoop teen f10 (focal ratio).   Ek het my Canon EOS 760D agter op die teleskoop geplaas en 'n foto geneem van 25 sec teen ISO 3200.   Ek kon die spiraal net net sien in die een hoek (gelukkig!) van die foto en het toe die teleskoop bietjie geskuif en weer geneem. Ek het dit so 10 keer gedoen totdat die spiraal in die middel was.

Volgende kalibreer ek my teleskoop se "tripod" (mount) met 'n 2de klein teleskoop wat bo op die groter een sit.  Hierdie kleiner 160mm f4 outjie het my klein sensor planeet kamera agterop en is gekoppel aan sagteware "PHD guiding".   Wat hierdie 2de sisteem basies doen is om "in te lock" op 'n ster en dan seine na die "tripod" (mount) stuur om seker te maak my teleskoop bly 100% op die voorwerp wat ek wil afneem.  Dit is omdat my tripod nie 100% kompenseer vir die aarde rotasie nie, en op 1500mm kan die kleinste afwyking beteken dat sterre stertjies kry.

2. Neem van foto: Ek koppel 'n "intervalometer" aan my kamera.  Hy was gestel om 24 foto's te neem elkeen 120 sec lank.   Ek het gereken dit is die kortste tyd benodig om enige bruikbare data te kry.  30 x 480 sec word voorgestel, maar met soveel ligbesoedeling in die stad kan ek nie die kamera sluiter so lank oophou nie,  en sal te veel van die onnatuurlike lig op die sensor val.

Omdat die DSLR kamera redelik baie geraas ook genereer tydens sulke lang foto sessies, moet ek data bymekaar maak om die geraas uit te haal.  Om dit te doen het ek ook 20 x 120sec foto's geneem met die dop op my teleskoop. Daarna 20 donker foto's ook met die dop maar teen 1/4000 sec.  Dit help dan om geraas te identifiseer en te verwyder.

Heel laaste haal ek die dop af en plaas 'n egalige wit lig oppervlakte voor die teleskoop en het ek 16 x 1/25 sec foto's geneem.  Hierdie witlig foto's wys "vignetting" uit.  Dit is wanner 'n foto donker aan die buite kant is en 'n wit kol in die middel maak.   Al hierdie ekstra data word gebruik om die ongewenste geraas en foute in die optiese sisteem te verwyder.

VERWERKING VAN DATA:  Al die foto's, so 80 altesaam was toe ingevoer en verwerk deur sagteware met die naam DeepSkyStacker.   Dit kyk na al die data, bereken die geraas wat verwyder moet word ens en "stack" dan alles bo op mekaar om die finale foto te gee.  Die eindproduk is 'n Tiff file van so 150Mb wat dan in Photoshop ingevoer word om die data wat weggesteek is uit te bring.

Altesaam 56 minute se foto data + 50min kalibrasie data en omtrent  4 ure se totale werk:En so lyk my eerste poging met M61.
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #6 on: August 31, 2018, 11:11:49 PM »
Ek lig my hoed en knak die knieg. Wat 'n magiese ervaring. Dankie vir die verduideliking Anton. Ek kan net my kop skud vir jou vaardigheid.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #7 on: September 10, 2018, 09:48:58 AM »
Anton baie dankie vir die wys en die vertel hoe dit gedoen word, ek het altyd gewonder.
Klink my ek moet by jou kom kers opsteek want ek wil ook probeer so iets afneem maar my kennis is baie beperk in hierdie veld.

Dankie dit is pragtige fotos



Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #8 on: September 11, 2018, 05:56:29 AM »
AB kom steek jou kers op hier by my!  :icon_biggrin:

Net ingeval julle gedink het dat hierdie tipe goed net vir die nagtelike tye is, laat ek julle vertel en wys hoeveel pret ek in die dag het.    Met 'n spesiale "Solar filter" kan ek darem na die son ook kyk en foto's neem.

Kamp is koning!

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #9 on: September 11, 2018, 05:59:20 AM »
Verskoon dat ek lui is om te vertaal.

SOLAR
Talking about close up Sun Spots, probably one of the best and lowest costs investments I ever made was to purchase a Thousand Oaks glass type 2+ solar filter.  This has also extended my Astronomy and Astrophotography  abilities into  the daytime.
Above an example of some Solar images made possible from my additional $100 filter investment.

As can be seen on the above Solar image, 2 camera's were used.  The Sun Disk was imaged with a Crop Sensor EOS 760D, but the close up Sunspots were captured with a planetary camera.
PLEASE NOTE!   It is critical to always use a proper solar filter when observing the Sun.  Never look directly at the Sun and never attempt to look at the Sun through a telescope without a safe and approved filter.  You will loose your eyes.

The Thousand Oaks Glass filter I use is called a "White Light" filter and only filters out the bright light emitted by the sun.   There are also more advanced (expensive) filters and / or dedicated Hydrogen Alpha Sun filter / scopes available for observing solar flares and more solar texture.
Kamp is koning!

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #10 on: September 11, 2018, 08:14:46 AM »
Baie dankie vir die inligting

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #11 on: September 11, 2018, 10:26:23 AM »
Anton, ek het 'n nuwe afdeling oopgemaak vir "sterre kyk", die hemelruim.  Ek sal baie graag hierdie werk ook daar wil sien.  Ek kan dit skuif, maar ek is so bang dit raak verlore tussen die lyne.  Kan jy dit asseblief daar gaan plaas?


Ek het nog altyd hierdie "ding" gehad oor die hemelruim.  My pappie was ook mal oor die sterre en het altyd vir ons gewys "wie is wie", maar ek onthou baie min.


Baie dankie vir die deel hiervan, ek waardeer dit regtig baie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #12 on: September 11, 2018, 11:26:05 AM »
PM dis nogal hartseer hoeveel het die TV eerste en later internet en selfone by ons kom steel.......

Dink net hoe min word daar deesdae na die sterre gekyk deur gesinne, en hoe min word daar gekuier en gesels in gesinne en onder vrinede want die TV en internet het dit kom steel. Dit krap my al meer en deesdae die vrou ook, ek kyk al paar jaar nie meer TV nie en die vrou het in April maand laas die TV aangesit hier in die huis.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #13 on: September 11, 2018, 11:44:08 AM »
Dit is so waar AB.  Selfs hier waar ons in die bos tussen die diere bly moet die mense eers hul sepies klaar kyk voor hulle kan kom kuier.  Hu?
Ons het 'n dek wat nou heeltemal oop is (die boom is af) en julle kan gerus julle kameras en ander toerusting bring om hier te kom foto's neem.  Ons het ook 'n karavaanpark. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Astro fotografie - ek het hulle gesien met my eie oge!
« Reply #14 on: September 11, 2018, 12:18:35 PM »
Ons is n groepie van so 7 manne wat eke Dinsdag oggend 5 uur bymekaa rkom vir so uur tot 90 minute vir Bybelstudie en ons gesels sommer oor allerdaagste dinge ook. Die een gesprek het vanoggend onder andere oor slegte invloed op kinders ( en ouer mense) se gedagtes gegaan. Toe noem een persoon daar kyk net die slegte voorbeelde wat in suid afrikaanse sepies in geskryf word, dinge wat die jong kinders sien en dink dis die norm of aanvaarbaar. ek het jare laas tv gekyk maar ek hoor en lees oor die sepies daar word buite egtelike verhoudings en ander verhoudings goed gepraat, aborsie word goed gepraat en nog ander dinge wat ek liewer nie gaan nie nie want deesdae word mens sommer vir enigiets aangekla wat jy goed bedoel het.