Author Topic: Poëtiese taalgebruik versus standaardtaalgebruike.  (Read 1889 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3031
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Poëtiese taalgebruik versus standaardtaalgebruike.
« on: August 16, 2018, 03:43:08 AM »
BRON: https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/941/1113
Aspekte van poëtiese taalgebruik

'n Samestelling na aanleiding van Prof. Ina Grábe:

Wanneer ons as digters bepaalde skryfreëls van standaardtaalgebruike oortree, lei dit tot 'n anderste patroonvorming - 'n tipografiese afbakeninge van verse/strofes en ook die uitbuiting/eksploitasie daarvan.

Die struktuur van 'n gedig bevat die sleutel tot die kreatiewe boodskap in 'n buitengewone saamgroepering van woorde/sinsnedes in metaforiese (nie letterlike) konstruksie en sorg vir 'n bevrugtende interaksie/kommunikasie tussen digter en leser.

Vooropstelling in 'n gedigskonstruksie kan geskep word deur o.a die volgende:
*metaforiese konstruksie
*sintaktiese tipografiese organisasie
*klankmatige relasies
*metries ritmiese benadrukking

Die afwesigheid van punktuasie in 'n gedig impliseer die moontlikheid van een lang uitgebreide konstruksie wat tipografies verdeel word in strofes/verse anders as die normale gebruik soos in prosa of 'n verhaal. Die verskil is duidelik waarneembaar. In 'n normale sin verwag ons 'n onderwerp, gesegde en (lydende) voorwerp.

Daar is drie maniere waarop afwyking van so 'n grammatikaal welgevormde konstruksie die aandag kan vestig in 'n gedig:

Verskuiwing: Rangskikking van woorde in ongewone opeenvolgings wat nuwe verbande tussen woorde vorm.
Weglating: Deur weglating word daar meer klem geplaas op die oorblywende woorde
Afwyking: Ekstra patroonvorming word geskep deur die afwyking van erkende grammatikale reëls.

NB: Dit is asof die digter die wetmatighede van die taal ontoereikend vind en slegs effektief kan kommunikeer as hy/sy buite hierdie wetmatighede skep. So word uitbuiting/eksploitasie van ongewone herhaling vir ekstra patroonvorming en buitengewone reëlmaat toegepas en word die gedig 'n maaksel van die digter.

En so skryf Jelleke Wierenga oor haar skeppingsmetode:
 Wanneer ek iets intens wil sê, pas ’n “gewone” woord soms glad nie: ek moet ’n nuwe woord skep of ’n bestaande een so anders gebruik dat dit ’n nuwe funksie verkry. In “Huis ontuis” gebruik ek selfs eiename as werkwoorde. Ek beweeg buite die (dood)gewone nor-mal-iteit hier – die woorde moet die (verdofde en verdoofde) leser – myself ook! – as ’t ware wakker slaan. Ek speel met woorde en hou daarvan om nuwe kombinasies en vorme en gebruike te skep – dit verbaas my dikwels dat mense so stug en stuurs aandring op die “gewone” en die “konvensionele”.

Veral in die digkuns mag ’n mens seker ’n bietjie baldadig van die grasperk af baljaar? Ek hoop my gedigte is nie té dig vir die “gewone mens” nie en dat dit geniet kan word, selfs al word elke gedig nie in die fynste besonderhede verstaan nie.

« Last Edit: August 16, 2018, 05:36:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3031
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Poëtiese taalgebruik versus standaardtaalgebruike.
« Reply #1 on: August 16, 2018, 03:44:55 AM »
Ek wil graag voorbeelde aanhaal uit Anastasia se bundel (en ander skrywersmaters se bydraes) waar pronkvoorbeelde van hierdie afwykinge ingespan was.

Skakel na Anastasie se werk: http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=3751.0
 
Aanhaling uit: 'Lied van 'n vrou wat breek'

In die vierde vers het sy 'verskuiwing' toegepas:
Die muur is te hoog, te hoog is die muur

In die laaste vers het sy ongewone herhaling ingespan om emosie te benadruk en let op die weglating van punte aan die einde van sinne:

Dis te hoog
Dis so hoog
Die muur is te hoog
Die muur bly daar staan
Tussen my en jou


vakuum

Ek is teenwoordig
In my afwesigheid.
 
Môre se môres
Het verdwaal in die glipstrome
Van gister se gisters.
 
Uurwyser
Almanak
 
En ek-
‘n Randfiguur
Stille getuie
Dat ek
Eens was …
Steeds is?
 
Vasgevang in ‘n vakuum.

Krag
 
Ek hou myself sterk
Deur nie te mis
Wat ek hartstogtelik mis nie
Nie te verlang
Waarna ek hartoopbreek verlang nie
Deur nie te droom
Waarvan ek reikhalsend droom nie.

En dan hierdie aanhaling uit 'n puik voorbeeld van haar Engelse gedigte:

METAMORPHOSIS

Oh light, my light, so bright.  So right.  My light!
Oh wings, so broken, yet so strong.
Oh light, oh wings, oh light within my wings
Oh flight, oh light, oh flight within the light!
 
© Anastasia Bester

Uit ons eie Langenhoven (Naas) se pen, die volgende weergalose voorbeeld van ongewone herhaling/eksploitasie:
Skakel na Naas se gedig: http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4283.msg28857#msg28857

Wat van liefde:

Wat van ‘n soen?
Wat van liefde?
Wat van lewe?
Wat van siekte?

Agter die kraalmuur
In die inry teater
In die kerk
Wat van ‘n soen?

In my arms
In my huis
In my wese
Wat van liefde?

Omring deur natuur
Omring deur vriende
Omring deur familie
Wat van lewe?

Maar net ‘n kug
Maar net ‘n pyn
Maar net ‘n geraamte
Wat van siekte?

Wat van siekte?
Wat van lewe?
Wat van liefde?
Wat van ‘n soen?]

© Naas

In PM se gedig het sy tipografiese afbakening in een lang sin, perfek ingespan!
Skakel na haar gedig:  http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=636.msg2625#msg2625

In Liefdesspel

In jou asem se hygende krag
laat jy my soms styg
soms daal
totdat ek val en sidder
        ontredderd
voor die windstilte beef
‘n plant aan sy stingel
          geknak
maar tog voort  bly leef.

© PM

Adele het 'n pragvoorbeeld geskep waarin in een lang sin skitter in gedigvorm:
Skakel na haar gedig: http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=268.msg875#msg875

'n alleenaand vanaand
gee tyd en kalmte tydens
verraad van internet
en seine en oorwerkte lyne,
maar dankie baie,
ek klim stadig terug
na 'n sitplekbankie
van die skrywerswa
na 'n lang tyd van skarrel,
om 'n nuwe lewe
uit koue as te kerf,
'n woordeblok
gelaai met ys
het eindelik gekraak
en druppend drup
die letters uit
elke splinterskeur

© Adele

Angelica het met Soos Dryfhout sin-konstruksie ingespan vir benadrukking. Lief dit hoe jy ons slim, laat stil staan om die beelde wat jou enkelwoorde in die verse skets, te benadruk. Elkeen vertel 'n hele verhaal. Ek sien jou hang, vaal en alleen terwyl jy Hulp soek.

Skakel na haar woordskat: http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?action=post;topic=3773.0;last_msg=24186

soos die eensame meeu wat
hang
op die windstroom
gilskree ek na die hemele
na God
wat my uit stof gemaak
en toe vergeet het
die hemele vanwaar niks neerdaal nie

'n dryfhoutjie
vaal
deur die weer verweer
wit, gladgeskuur
uitgespoel teen die oewer
alleen
in die felle son

© Angelica

Uit ons eggo struktuur is daar 'n fantabalooslike voorbeeld van Angelica.
Skakel na haar spogvoorbeeld: http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2777.msg18490#msg18490

Bird’s Eye View

vanuit haar venster
in ‘n beton muur

‘n beton muur

agter die beton muur
‘n beton muur

agter beton mure
‘n groen blaarsambreel
waarin die oggendwind speel
die voëls van die hemel vergader

deur haar venster
in die beton muur

val ‘n straal
‘n sonstraal
val ‘n sonstraal op  haar

as dit nag is
deur haar venster
in ‘n beton muur
wink speldekop-sterretjies

vir haar

vanuit haar venster
in ‘n beton muur
‘n beton muur
waarop die mossie en sy maat
met mekaar praat

haar wêreld is grys
betongrys
dis hier waar sy skuil
vir die wêreld
vir haarself

©Elsabe - 2008

Uit my eie erf:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1999.msg12438#msg12438

Gesoek: 'n Holte vir my swerwer's voet

Ek
het jou
gaan soek
tussen al die dae van my jaar
maar jy was nie daar
en ek het my tentpenne opgetrek.

Ek
het jou
gaan soek
tussen blaaie
van vergeelde onthou jy's
my oë was later moeg gekyk
maar jy was nie daar nie.

Ek
het jou
gaan soek
in die argiewe
van die lewensbiblioteek
tussen eeue oue inskrywings
ook daar het ek jou nie gevind.

Ek
het jou
gaan soek
en gaan grawe
tussen kleitablette met griffelskrifte
maar ook daar was jy nie te vinde
of het ek dalk net moeg geraak

om te soek na jou?

© Meraai vannie baai

Met hierdie voorbeeld het ek het drie 'positiewe onderwerpe', negatief gebruik om emosie voor te stel.
Uitslag: (Ab)normale selle

Daglig -  slegs 'n tonnel
na die duister van onsekerheid
en vrees - 'n serp, geweef
met die laaste kleure van die son
wat wurg om menswees krom;
die maan - 'n sekel teen die hemel.

© Meraai vannie baai

'n Metaforiese glans-skepping op sy beste uit die pen van Jeannedarc
 Skakel na haar skepping: http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=326.0

Koekies agter glas

Nederland Holland
Amsterdam Rotterdam
Rooiligstraat Walletjes straat
Stad van kultuur, skoonheid
Stad van meerschaum pype
En o so inhibisieloos

© Jeannedarc


« Last Edit: August 16, 2018, 05:16:54 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 421
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Poëtiese taalgebruik versus standaardtaalgebruike.
« Reply #2 on: August 16, 2018, 05:42:49 AM »
Ek buig laag en ontvang die erkenning met grasie, dankie!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9710
  • Gender: Female
Re: Poëtiese taalgebruik versus standaardtaalgebruike.
« Reply #3 on: August 16, 2018, 11:49:47 AM »
Borrelend
stroom die dankbaarheid oor alle grense
oor alle walle
tot waar dit plek vind
in my wete
van vrede.

Dankbaar matertjie.  Ek sit op my stoeltjie voor die deur en wag vir nog sulke goue drade!

Ek wonder of almal besef wat 'n groot voorreg dit is om hier te  mag deel. 
« Last Edit: August 16, 2018, 11:51:26 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 421
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Poëtiese taalgebruik versus standaardtaalgebruike.
« Reply #4 on: August 16, 2018, 02:07:23 PM »
Voorwaar 'n groooooot voorreg, PM
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1841
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Poëtiese taalgebruik versus standaardtaalgebruike.
« Reply #5 on: August 16, 2018, 09:25:18 PM »
Raaitjie, jou woorde wek selfs die verste roepstem!
Dankie vir hierdie voorreg, ek kan nie eers hierdie woorde van my onthou nie. En soos jy weet, was daardie smeltende ysblok net 'n kort rukkie in vreugde gewasem ....
Maar dit was sowat vier-vyf jaar gelede, ja, hierdie September vyf jaar gelede ...
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3031
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Poëtiese taalgebruik versus standaardtaalgebruike.
« Reply #6 on: August 16, 2018, 10:48:16 PM »
Ons het inderdaad 'n wonderlike voorreg dat daar 'n plek in die kuberruim is waar ons woorddisse uitgestal en geniet kan word. Dankie maters vir waardering uitgespreek en spesiale drukkie vir ons forummoeder PM  :love7:

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3031
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Poëtiese taalgebruik versus standaardtaalgebruike.
« Reply #7 on: January 07, 2019, 05:20:28 AM »
Ek lees (innig dankbaar) oor 'n gas se skouer en verlustig my skaamteloos aan ons maters se woordskatte. Wat 'n ongeloooflike voorreg was dit nie om dit ook hier te kom bewaar waar dit so gepas as skitterende voorbeelde pronk uit eie geledere. Julle mag maar!
 :notworthy: :hello2: :bootyshake: :book1: :icon_salut:

Wil graag hierdie gedig van Ernst van Heerden deel wat ek op die gevreetboek raakgelees het:

« Last Edit: January 07, 2019, 07:11:14 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9710
  • Gender: Female
Re: Poëtiese taalgebruik versus standaardtaalgebruike.
« Reply #8 on: January 15, 2019, 06:03:36 PM »
Gesoek: 'n Holte vir my swerwer's voet

Hierdie is een van my geliefkoosde gediggies. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 174
  • Passievol Afrikaans!
Re: Poëtiese taalgebruik versus standaardtaalgebruike.
« Reply #9 on: January 16, 2019, 11:55:21 AM »
Ek weet soo hoe die oom voel...


 :mumum: