• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Keffer

Started by Naas, August 14, 2018, 07:47:24 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Anastasia, as ek dit nie mis het nie het jy eens op 'n tyd 'n aanmerking gemaak van 'n "skoenlapper-tatoo" wat in 'n mot verander het.  As dit jy was, herhaal dit asseblief my ou skoenlappertjie.  (giggle)

Trappies, ek glo die kleintjies sal dalk makliker hanteerbaar wees.  Sê vir Sammy sterkte, ek dink sy is baie braaf om nou te begin swot. Julle moet sommer hier by ons kom kuier!

Raaitjie het seker nou gaan kombuisdiens doen. 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Lekker kuier met jou mense, Meraai!

PM, jaaaaa, jy is eintlik gelukkig, ek skryf nou juis op 'n ander erfie dat my Alzheimers nou mooi begin opkom!  Eersdaags steek ek my eie paaseiers weg!  Maar daardie een onthou ek!  Een van my verre verlede matriek leerders het dit oorweeg om 'n skoelapper tattoe te laat aanbring net daar waar die krummels soms tussen die heuwels val!  En wou weet wat ek daarvan sou dink.  Seg ek toe vir haar, dis mooi en edel en alles, maar sy moet onthou dat as die jare aanloop (saam met die wette van die swaartekrag en alles soos wat ou Newton die dag ontdek het toe hy onder die appelboom loop le en slaap het), is dat jare later daardie vietse skoelapper in 'n mot met sleepvlerke gaan verander!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Ag dankie.  (Net daar waar die krummels tussen die heuwels val. Lag) 
Ek het dit vreeslik geniet en dus onthou ek dit so effens.  Na die vervlakste beroerte kan ek soms nie eers my eie naam onthou nie, dan staan ek verbaas dat daar dinge uit die verlede is wat nog aan my onthou kom haper. 
Ek sien daardie skoenlapper met die spits vlerke wat 'n mot word met sleepvlerke.  Te kostelik. 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Ai, PM, ek het nie geweet dat jy beroerte gehad het nie?  Ai, die ouderdom met die skete wat ons so aftakel! 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Trapsoetjie

Weet nie of ek haar of die kindertjies moet jammer kry nie;  :sign10:

Ek skandeer (scan) so vinnig deur, is by die winkel en kry nie kans om lekker te sit en lees nie, elkgeval sal vanaand lekker deur gaan voor die tv. Moes net vir Naas se aanhalling lag. Dis nogal waar ek weet ook nie. Dink eerder die ouers van die kleintjies.  :dontknow:

:angel12:

Naas

Ek is bekommerd. Weet iemand dalk wat van Anastasia geword het? Sy was nie baie gesond nie...
Ek mis haar.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek sien darem nog haar plasings op FB en sy baklei getrou aan haar aard, baie moedig voort teen skeet en kwaal.

Naas

Wat is haar naam op fb?
So bly hier is weer lewe oppie forum.
Kuier heel naweek saam met Assie en die gaste. En trou aan hulle geaardheid is die gaste stilstom.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


adele

Ook mis ek Trapsoetjies (Estelle)
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Het jy kontak met haar Adele? Ai sal dit nie wonderlik wees as hulle ook weer kom inloer nie!

adele

Ongelukkig nie meer nie....  :crybaby2:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai