Author Topic: Keffer  (Read 7158 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Keffer
« on: August 14, 2018, 06:47:24 PM »
Die buurman het 'n klein hondjie. Nee, nie 'n jong hondjie nie maar 'n ou klein klein hondjie. Die dingetjie is bang vir sy eie skaduwees.
Klein hondjies blaf nie. Hulle kef.
Kef! Kef! Kef! Kef! Kef!
En daarom noem ons hulle Keffers (met 'n e)
Keffers is irreterende klein bliksempies 2 uur in die oggend wanneer mens moet slaap.
Klein mensies wat aanhoudend kaf praat mag jy niks noem nie anders land jy in die tronk of sonder werk.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Keffer
« Reply #1 on: August 14, 2018, 07:59:35 PM »
Ha ha, Naas.  Herinner my aan my man wat in grooooot moeilikheid gekom het:  omdat hy in 'n gemengde Afr/Eng klas in Geografie van 'verskaffers' gepraat het by primêre en sekondêre nywerhede.  Dit het kort duskant die hof gedraai.  En dit is die reine waarheid.  Die oorsensitiwiteit daarvan darem!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Keffer
« Reply #2 on: August 14, 2018, 11:13:15 PM »
Dit maak my siek, naar, gatvol om so op eiers te moet dans met woorde maar ek wil ook nie gedeporteer word vir rassiekmisse nie.
« Last Edit: August 14, 2018, 11:22:22 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Keffer
« Reply #3 on: August 15, 2018, 02:55:44 AM »
rassiekmisse  :hello2: :love7: :hello2:
Ek is heilig oortuig daarvan dat die woord rassis besig is om dieselfde tipe vloekwoord as die K-woord te word.
Jy is of 'n K-woord of 'n Rassis afhangende van hou lank jy in die oond was.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Keffer
« Reply #4 on: August 15, 2018, 05:39:30 AM »
Iewers het ek my griewe verwoord oor presies hoe moeg ek is vir die woord rassis. Dit is pure mensmis Naas, vandaar die ras-siek-mis(se)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Keffer
« Reply #5 on: August 16, 2018, 12:56:57 PM »
NOU  weet ek wat ek sal doen as ek die lotto wen. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Keffer
« Reply #6 on: August 16, 2018, 01:25:10 PM »
Herinner my aan my man wat in grooooot moeilikheid gekom het:  omdat hy in 'n gemengde Afr/Eng klas in Geografie van 'verskaffers' gepraat het by primêre en sekondêre nywerhede.  Dit het kort duskant die hof gedraai.
Ek dink nie mense verstaan hoe blootgestel 'n blanke onderwyser/dosent in die klas is nie. Jy loop nie net op eiers nie... Net een verkeerde opmerking, net een ondeurdenkte woord en jy is by afdank se stoep. En as een leerder/student eers dit in sy kop kry dat jy hom/haar te na gekom het staan al die ander agter hom/haar en sal hulle openlik lieg en bedrieg om dit so erg as moontlik te laat klink. Dit is ALTYD jou woord teen die klas s'n.
Onderrig en lewenslesse is daarmee heen want jy moet te alle tye net by jou lesplan hou. Jy kan nie eers meer vrae vra om kennis te toets nie dan tas jy hulle regte en menswaardigheid aan.


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: August 16, 2018, 01:27:13 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Keffer
« Reply #7 on: August 16, 2018, 01:42:12 PM »
Hartseer verby. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Keffer
« Reply #8 on: August 16, 2018, 02:06:18 PM »
Jy is so reg, Naas.  Wreed was my ontnugtering.  Ek was uit die onderwys vanaf 2002 tot weer 2009.  En toe weer vanaf 2011 heeltemal uit sirkulasie, wat nog te praat van onderwys.  Toe ek die jaar weer 'n pos by 'n klein skooltjie kry, het ek so opgewonde gewees, ek het soos 'n rock ster gevoel wat 'n reunie konsert gaan hou.  Dit het presies 6 weke geduur.  Onderwys is nou 'n onherkenbare beroep.  En ek was seker DIE mees passievolle onnie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Keffer
« Reply #9 on: August 16, 2018, 08:28:53 PM »
O Jinne, en Samantha gaan volgende jaar haar studies begin. Sy gaan die klein kindertjies help om nie so moeilik te wees as hulle by julle klasse kom nie.   :icon_scratch:
:laughing4:

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Keffer
« Reply #10 on: August 17, 2018, 01:18:10 AM »
Weet nie of ek haar of die kindertjies moet jammer kry nie;  :sign10:

Die ou Omie sien die eerste keer in sy lewe 'n stoomlokomotief. Hy loop en bekyk die wonder. Dis toe hy nou die ding so met sy kierie bevoel wat die loko so 'n harde fluit gee en sy wiele daai eerste vinnige glydraai maak om weg te trek. Met die is sy kierie toe mos in die speke en die momoentum gooi vir oom tot binne in die intensiewe saal van die hospitaal. Paar maande later sterk hy aan daar by sy dogter in die stad. Die oggend toe hy in die kombuis instap fluit die waterketel. Daai omie skrik vir hom uit sy bloedgroep uit binne 'n sekte in, gryp sy kierie en slaan daai ketel poer des mertes binne in sy lelike woord in. Sy dogter keer hom en vra wat nou aangaan. Nee, se die Omie, Daai bleddie ding moet jy vrekslaan voordat hy kans kry om groot te word want dan raak hy bleddie gevaarlik.
Sien ons nou die dag 'n vrou met die kleintjie oppie rug. "Aag My Moeder!" se my Selonsrosie. "O Shit!" dink ek in my binniste. "Daai ding gaan groot word."


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Keffer
« Reply #11 on: August 17, 2018, 07:15:03 AM »
Giggel ek met respekte.  Ek wonder so in die stilligheid van ons pandok hoe 'slim' gaan vandag se kinnertjies wees as hulle nou klaar is met skool met die wat julle as onderwysers nie eers meer mag 'toets' nie. Sniksnik.


Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Keffer
« Reply #12 on: August 17, 2018, 11:03:21 AM »
Lag ek my nou uit my eie bloedgroep, binne-in 'n sekte in!  Maar geen kool-aid vir my nie, dankie!  Ek lag my nog hier verby 'n papie stadium sommer direk in 'n vlinder in!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Keffer
« Reply #13 on: August 17, 2018, 11:31:38 AM »
Ek verstout my aan die beelde wat julle woorde skep. Op hierdie wonderlike samesyn van tussen lyne kuier, groet ek vir eers. My ou maatjie is tuis en ons kinders van die plaas en Goue Kus, kom kuier so saam-saam die naweek. Pas julle self mooi op groot asseblief maters. Kosbaarder as korale is julle vir my.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Keffer
« Reply #14 on: August 17, 2018, 11:46:32 AM »
Geniet die kinders Ta Raaitjie.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Keffer
« Reply #15 on: August 17, 2018, 12:30:03 PM »
Anastasia, as ek dit nie mis het nie het jy eens op 'n tyd 'n aanmerking gemaak van 'n "skoenlapper-tatoo" wat in 'n mot verander het.  As dit jy was, herhaal dit asseblief my ou skoenlappertjie.  (giggle)

Trappies, ek glo die kleintjies sal dalk makliker hanteerbaar wees.  Sê vir Sammy sterkte, ek dink sy is baie braaf om nou te begin swot. Julle moet sommer hier by ons kom kuier!

Raaitjie het seker nou gaan kombuisdiens doen. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Keffer
« Reply #16 on: August 17, 2018, 12:40:18 PM »
Lekker kuier met jou mense, Meraai!

PM, jaaaaa, jy is eintlik gelukkig, ek skryf nou juis op 'n ander erfie dat my Alzheimers nou mooi begin opkom!  Eersdaags steek ek my eie paaseiers weg!  Maar daardie een onthou ek!  Een van my verre verlede matriek leerders het dit oorweeg om 'n skoelapper tattoe te laat aanbring net daar waar die krummels soms tussen die heuwels val!  En wou weet wat ek daarvan sou dink.  Seg ek toe vir haar, dis mooi en edel en alles, maar sy moet onthou dat as die jare aanloop (saam met die wette van die swaartekrag en alles soos wat ou Newton die dag ontdek het toe hy onder die appelboom loop le en slaap het), is dat jare later daardie vietse skoelapper in 'n mot met sleepvlerke gaan verander!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Keffer
« Reply #17 on: August 17, 2018, 01:00:06 PM »
Ag dankie.  (Net daar waar die krummels tussen die heuwels val. Lag) 
Ek het dit vreeslik geniet en dus onthou ek dit so effens.  Na die vervlakste beroerte kan ek soms nie eers my eie naam onthou nie, dan staan ek verbaas dat daar dinge uit die verlede is wat nog aan my onthou kom haper. 
Ek sien daardie skoenlapper met die spits vlerke wat 'n mot word met sleepvlerke.  Te kostelik. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Keffer
« Reply #18 on: August 17, 2018, 01:02:13 PM »
Ai, PM, ek het nie geweet dat jy beroerte gehad het nie?  Ai, die ouderdom met die skete wat ons so aftakel! 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Keffer
« Reply #19 on: August 17, 2018, 02:14:47 PM »
Weet nie of ek haar of die kindertjies moet jammer kry nie;  :sign10:

Ek skandeer (scan) so vinnig deur, is by die winkel en kry nie kans om lekker te sit en lees nie, elkgeval sal vanaand lekker deur gaan voor die tv. Moes net vir Naas se aanhalling lag. Dis nogal waar ek weet ook nie. Dink eerder die ouers van die kleintjies.  :dontknow:

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Keffer
« Reply #20 on: September 25, 2021, 08:09:34 PM »
Ek is bekommerd. Weet iemand dalk wat van Anastasia geword het? Sy was nie baie gesond nie...
Ek mis haar.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Keffer
« Reply #21 on: September 26, 2021, 08:42:24 AM »
Ek sien darem nog haar plasings op FB en sy baklei getrou aan haar aard, baie moedig voort teen skeet en kwaal.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Keffer
« Reply #22 on: September 26, 2021, 08:46:12 AM »
Wat is haar naam op fb?
So bly hier is weer lewe oppie forum.
Kuier heel naweek saam met Assie en die gaste. En trou aan hulle geaardheid is die gaste stilstom.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Keffer
« Reply #23 on: September 26, 2021, 08:53:15 AM »
https://www.facebook.com/anastasia.bester.5
Het haar gou laat weet ons mis haar!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Keffer
« Reply #24 on: September 27, 2021, 08:59:57 AM »
Ook mis ek Trapsoetjies (Estelle)
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Keffer
« Reply #25 on: September 27, 2021, 09:05:54 AM »
Het jy kontak met haar Adele? Ai sal dit nie wonderlik wees as hulle ook weer kom inloer nie!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Keffer
« Reply #26 on: September 27, 2021, 09:07:53 AM »
Ongelukkig nie meer nie....  :crybaby2:
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Keffer
« Reply #27 on: September 27, 2021, 09:08:45 AM »
Ek huil saam  :crybaby2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Keffer
« Reply #28 on: September 27, 2021, 09:47:30 AM »
Trappies is op pad.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Keffer
« Reply #29 on: September 27, 2021, 10:37:05 AM »
 :hello2: :hello2: :notworthy: :icon_bigsmurf: