Pekel
3 Liter water
1 kg sout
Vir die braun
1 Varkkop. Verwyder die ore en sny in kwarte
6 Pootjies
2 Groot wortels in in die helfte gesny
1 Groot takkie tiemie
8 Sage blare (salie)
4 Lourierblare
3 Naeltjies
1 Teelepel koljandersaad
1 Klein bossie grasuie
100 gram peterselie
Klein aartappeltjies en vars tuisgemaakte brood om te bedien.
Metode
Vir die pekel
Verhit 1 liter water in 'n pot en roer die sout daarin tot opgelos.
Voeg die res van die water by en toets die pekel.
Vir die braun
Sorg dat die varkkop mooi skoon is en plaas dit in die pekel vir 24 uur.
Haal die kop uit die pekel, plaas dit in 'n stoompot.. Voeg genoeg koue water en die res van die bestandele by. (Hou die grasuie en peterselie uit.) Kook vir 1 uur totdat die vleis van die bena afval.
Haal uit die stoompot en laat afkoel. Sny die vleis in stukkies. Ek gebruik ook die vel.
Voeg nou die grasuie en petersielie by en meng goed.
Voeg die mengsel in houers en laat koud word in die yskas vir 12 ure voor gebruik.
Geniet met aartappeltjies en brood.