Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Tradisionele geregte => Topic started by: PM on January 30, 2018, 04:02:06 PM

Title: Braun
Post by: PM on January 30, 2018, 04:02:06 PM
Pekel

3 Liter water
1 kg sout

Vir die braun
1 Varkkop.  Verwyder die ore en sny in kwarte
6 Pootjies
2 Groot wortels in in die helfte gesny
1 Groot takkie tiemie
8 Sage blare (salie)
4 Lourierblare
3 Naeltjies
1 Teelepel koljandersaad
1 Klein bossie grasuie
100 gram peterselie
Klein aartappeltjies en vars tuisgemaakte brood om te bedien.

Metode
Vir die pekel
Verhit 1 liter water in 'n pot en roer die sout daarin tot opgelos.
Voeg die res van die water by en toets die pekel.


Vir die braun
Sorg dat die varkkop mooi skoon is en plaas dit in die pekel vir 24 uur.

Haal die kop uit die pekel, plaas dit in 'n stoompot..  Voeg genoeg koue water en die res van die bestandele by.  (Hou die grasuie en peterselie uit.) Kook vir 1 uur totdat die vleis van die bena afval.

Haal uit die stoompot en laat afkoel.  Sny die vleis in stukkies.  Ek gebruik ook die vel.

Voeg nou die grasuie en petersielie by en meng goed.
Voeg die mengsel in houers en laat koud word in die yskas vir 12 ure voor gebruik. 

Geniet met aartappeltjies en brood. 

Title: Re: Braun
Post by: Meraai vannie Baai on January 30, 2018, 10:37:32 PM
Kan nie eers onthou wanneer laas ek hierdie soort vleisie geeet het nie. Was nog Suid Afrika en graag so paar snytjies gekoop. Effe ryk maar heerlik. Dankie vir die resep mater. Altyd gewonder hoe dit gemaak word.
Title: Re: Braun
Post by: PM on January 31, 2018, 10:07:59 AM
Op die plaas is niks vermors nie.  Ek onthou altyd die ure wat ons gestaan en varkspek in blokkies sny het vir daardie kaiings. Die varkvet is altyd gebruik vir gaarmaak. Lekker gesout vir botter! 
Ons was verlede week vir 'n paar dae weg met besigheid.  Die eienaar van die hotel waar ons tuis gegaan het, het vertel van die heerlike beeswange wat hy en sy vrou direk by die abattoir kry.  Van die heerlikste vleis.  Ook soos die varkkop- en skaapkopwangetjies en tongetjies.  Heerlik!
Title: Re: Braun
Post by: Naas on January 31, 2018, 10:25:42 AM
Ek vreeeeek oor kaiings. Koop sommer spek net om Kaiings vir myself te maak. my mense eet nie kaiings nie so ek fees alleen. Enige kop se wange en tong is mos koningskos. Ek sal nie uit my pad uit gaan vir die res van die kopvleis nie maar as dit my kant toe kom eet ek saam.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Braun
Post by: PM on January 31, 2018, 10:44:43 AM
Die gelatien in hierdie dis is uitstekend vir ons gesondheid.  Almal hou nie van soet nie en ek vind die soutdis is heerlik.