• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Droogte

Started by adele, December 08, 2017, 05:55:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Oor die lande hang droë stof,
soms verstikkend
oor doringdraad gedrapeer
... ons voete het reeds
'n ent die somer ingestap. 
Ons struikel oor miershope
wanneer tolbosse ons krap,
op soek na rusplek teen die heining. 
Wanneer die wind gaan lê,
snik die lug in doodsheid,
sukkel ons saam met die veld om te asem.   
Nog 'n hopie bene in sy velsak,
laat my met naarheid eenkant toe draai.
Die skoot eggo teen die horison vas.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Hartverskeurend beskryf mater. Niks soos knellende droogte, vee wat vrek van honger en dan einde ten laaste - genadedood  :crybaby2:

Naas

Ek luister maar hoe kla die mense rondom my oor droog te in die Kaap maar hulle ry nog met blinkskoon karre...
Dit wat jy beskryf is die werklikheid wat regte droogte bring.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

dankie Raaitjie, ja, dis wat my getref het, daardie genadedood want hoe anders. En ek weet van minstens een boer wat hierdie jaar selfmoord gepleeg het oor droogte op sy plaas ....
en Burre Burger wat deesdae honderde vragte voer aanry met tientalle trokke, het self 'n selfmoordpoging oorleef, toe begin hy hierdie voer aanry en is so geseënd.
adéle  :grommit:

PM

Goed geskryf Adelé. 
Om te weet is om te verstaan.