Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on December 08, 2017, 05:55:02 AM

Title: Droogte
Post by: adele on December 08, 2017, 05:55:02 AM
Oor die lande hang droë stof,
soms verstikkend
oor doringdraad gedrapeer
… ons voete het reeds
‘n ent die somer ingestap. 
Ons struikel oor miershope
wanneer tolbosse ons krap,
op soek na rusplek teen die heining. 
Wanneer die wind gaan lê,
snik die lug in doodsheid,
sukkel ons saam met die veld om te asem.   
Nog ‘n hopie bene in sy velsak,
laat my met naarheid eenkant toe draai.
Die skoot eggo teen die horison vas.

©adéle theron
Title: Re: Droogte
Post by: Meraai vannie Baai on December 08, 2017, 08:18:10 AM
Hartverskeurend beskryf mater. Niks soos knellende droogte, vee wat vrek van honger en dan einde ten laaste - genadedood  :crybaby2:
Title: Re: Droogte
Post by: Naas on December 09, 2017, 07:21:26 AM
Ek luister maar hoe kla die mense rondom my oor droog te in die Kaap maar hulle ry nog met blinkskoon karre...
Dit wat jy beskryf is die werklikheid wat regte droogte bring.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Droogte
Post by: adele on December 12, 2017, 03:19:58 PM
dankie Raaitjie, ja, dis wat my getref het, daardie genadedood want hoe anders. En ek weet van minstens een boer wat hierdie jaar selfmoord gepleeg het oor droogte op sy plaas ....
en Burre Burger wat deesdae honderde vragte voer aanry met tientalle trokke, het self 'n selfmoordpoging oorleef, toe begin hy hierdie voer aanry en is so geseënd.
Title: Re: Droogte
Post by: PM on December 13, 2017, 03:21:32 PM
Goed geskryf Adelé.