Author Topic: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf  (Read 9878 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« on: December 05, 2012, 01:54:43 AM »
*Vanuit vraestelle:

'n Laserdrukker werk met bliksemstrale.

'n Muis is amper soos 'n joysticker net helemal anders.

'n Hacker is iemand wat in die skrum speel en 'n cracker is 'n soort koekie

Netiket beteken hou jou virusse vir jouself.

Videokonferensie beteken jy kan jou testament van onder af beheer as jy dood is.

'n Skootrekenaar is iets wat 'n sakeman saamvat as hy gaan piekniek hou.

'n Voordeel van die internet is dat 'n mens kan geld steel uit iemand anders se rekening

'n Nadeel van die Internet is dat mense sonder jou toestemming jou klere kan uittrek.

'n Monochroom-skerm vertoon swart en wit, of ook aambei.

'n Raaksensitiewe skerm is baie sensueel.

Die Y2K-probleem behels dat al die rekenaars sou mal word.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« Reply #1 on: October 17, 2018, 05:16:18 PM »
Dit is nou pret.  Ek is so bly ek het hierop afgekom. 
Soms plaas 'n mens iets en niemand antwoord daarby nie.  Kyk nou net, 6 jaar later, hier ontkiem dit nou.   :hello2:   Dit het ook al meer as 1000 blare.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« Reply #2 on: October 18, 2018, 12:28:46 AM »
Vir my maak die vreugde om te deel op vir die gebrek aan kommentaar. As niemand reageer nie wys die leserstal darem daar was spookspore op die erf getrap PM  :icon_biggrin:
« Last Edit: November 15, 2018, 08:50:17 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« Reply #3 on: October 18, 2018, 10:36:40 AM »
Ek verstaan dat dit frustrerend is, maar asseblief, hier is 'n paar van ons wat al die bydraes baie waardeer. 
Ek sê dit weer, as jy nie woorde het nie, gooi net die handjie wat groet, dan weet ons jy was hier.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« Reply #4 on: September 29, 2021, 09:16:36 AM »
Ek het op 'n stadium by 'n groot lewensversekering maatskappy gewerk. Het IT ondersteuning landswyd gedoen. Telefonies.
Hier volg 'n paar "blapse"

Vrou bel my uit Transkei uit. Sy is die vloerondersteuner en hulle het 'n rekenaar wat nie wil werk nie. Ek vra of sy voor die rekenaar is.
Nee. Maar ek moet aanhou sy sit my deur en dan sal sy na die rekenaar gaan.
Ek wag 30 minute. Toe log ek maar die oproep en sit neer.
Twee ure later bel sy weer. Selfde storie. Na 20 minute gee ek op want sy mors ander mense se tyd.
Moedeloos verby bel ek die plaaslike IT maatskappy wat vir ons daat diens doen om te gaan kyk wat gaan aan.
Hulle rapporteer terug. Die kantore waar die probleem voorkom is amper twee kilometer uitmekaar. Sy bel my van kantoor 1, sit my deur na kantoor 2 en slaan dan voet daarheen. En soos dit in Afrika gaan groet en kuier sy eers met elkeen langs die pad

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« Reply #5 on: September 29, 2021, 09:22:25 AM »
Klient bel in so twee weke nadat hulle nuwe rekenaars gekry het. Rapporteer haar rekenaar se koffiestand het afgebreek.
Ek verstaan glad nie want die rekenaars wat ek ken het nie koffiestands nie maar sy is ver in die boendoes en dalk is dit 'n vreemde maak rekenaar. Stuur die tegnikus soontoe. Die kantoortjie is 150 km van hom af.
Hy rapporteer terug.
Dit was die cd speler se tong wat afgebreek het. Sy het nie geweet wat dit is nie en haar koffie daarop neergesit. Van al die misbruik het die tong moeg geraak en die gees gegee.

 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: September 29, 2021, 09:55:02 AM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« Reply #6 on: September 29, 2021, 09:30:51 AM »
Transkei antie (nie die rondloper nie) bel in. Sy praat engels wat net sy kan verstaan met 'n snaakse mars aksent.
Al wat ek kan uit maak is eniekie.
Na lang gesukkel en rooi gesig kom ek agter dis any key. Maw die skerm se press any key to continue.
Nou probeer ek in my platste engels verduidelik dat sy enige toets op die toetsbord moet druk. Non comprehende... No understand... Fokoly vorstaan... Sy is te dig om te verstaan.
Ek weer moedeloos.
"PRESS EIGHT"
.............
.............
Ooooowwww. Aaight is eniekie.
Ek dink sy gebruik tot vandag toe aaight vir eniekie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« Reply #7 on: September 29, 2021, 09:37:07 AM »
Vrou van George bel. Haar rekenaar wil nie met aangaan nie.
Ek laat haar aan en af sit...
Ek laat haar drade omruil...
Ek komagter rekenaar gaan wel aan maar koppel nie met hoofraam nie.
Laat haar netwerkkabels reset...
Niks help nie.
Laaste uitweg. Sit modum af en aan wat tot gevolg sal he dat die hele kantoor vir 20 minute koppeling met hoofraam verloor.
Haar antwoord. Sy kan nie die modum afsit nie  want hulle is besig om na 'n nuwe kantoor te trek en die modum is klaar buite op die bakkie.
...........
...........
DUHHHHH!!!

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« Reply #8 on: September 29, 2021, 10:21:19 AM »
Hahahahaha, o my wereld! Vir dom is daar nie pille nie. Duisend dankies vir deel Naas. Heerlik gelees. Moet blosend erken dat ek min van die Afrikaanse rekenaar terme geken het voor vanaand.  :icon_bigsmurf:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« Reply #9 on: September 30, 2021, 08:18:15 AM »
Lekker gelag nou....eniekie... hahahaha
Jarre gelede... julle weet mos, as hy twee erre het is dit 'vieslik' (kan nie onthou hoeveel jare) lank gelede.....
Toe gee ek klas by Damelin Kollege.
Ek sit in by die basiese rekenaar klasse. Die dosent leer die studente waar aansit knoppie is, waar die muis se kliek is, en van "file"... Kliek op file, alles beginte mos daar by hom.... jy weet...links bo....

So sien ek die een student met die muis onder die tafel blad, met die muis onderstebo, van links na regs......
Ek wys die dosent wat kom vra wat aangaan..... Toe het die soeke na 'file', die pyltjie laat bo die skerm uithol, en die man is al bo-oor die tafelblad en is nou al onder die tafelblad met die muis, opsoek na 'file'....
 Ek stap toe maar eers uit en na die sportveld sodat ek my waardigheid kan behou en ook die stomme man syne



Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« Reply #10 on: September 30, 2021, 09:40:34 AM »
Baie sports gehad ook.
Die eerste muise het mos meganies gewerk in nie met die rooi ogie soos vandag nie.
Nou bel die tante van hoofkantoor in en kla dat haar muis nie werk nie.
Moet sukkel om nie oor die foon te proes nie.
Gaan na haar werkstasie en hou haar gesig dop as ek vir haar vra:
Wys my jou muis. Ek moet hom oopmaak om sy ballietjie te was.
PM sy mos as iets dubbelsinnig is beteken dit net een ding...

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« Reply #11 on: September 30, 2021, 10:32:30 AM »
 :toothy4: :notworthy: Dankie liefste mater van ons vir die deel van hierdie. My glimlag strek van oor tot oor diekant van die aardbol lol.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf
« Reply #12 on: October 15, 2021, 07:05:38 AM »
Verseker het ek dit ook geniet.  Neukenaars is en bly maar 'n gesukkel vir my.  My skootbrakkie se battery het sy bek opgeblaas en ek moes dit verwyder.  Sukkel nou al amper 'n jaar om 'n nuwe battery te kry.  My jongste in New Z sukkel ook.
Ek kan ook nie my modem in my skootbrakkie se sy los as ek dit aanskakel nie.  Dit wil net nie "vat" nie.  Het amper 'n nuwe neukenaar gaan koop toe Gerhard seg ek moet net die modem uithaal totdat die ding eers lewe gekry het.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.