*Vanuit vraestelle:
'n Laserdrukker werk met bliksemstrale.
'n Muis is amper soos 'n joysticker net helemal anders.
'n Hacker is iemand wat in die skrum speel en 'n cracker is 'n soort koekie
Netiket beteken hou jou virusse vir jouself.
Videokonferensie beteken jy kan jou testament van onder af beheer as jy dood is.
'n Skootrekenaar is iets wat 'n sakeman saamvat as hy gaan piekniek hou.
'n Voordeel van die internet is dat 'n mens kan geld steel uit iemand anders se rekening
'n Nadeel van die Internet is dat mense sonder jou toestemming jou klere kan uittrek.
'n Monochroom-skerm vertoon swart en wit, of ook aambei.
'n Raaksensitiewe skerm is baie sensueel.
Die Y2K-probleem behels dat al die rekenaars sou mal word.