Die Afrikaanse Forum
Woordskuur => Dol Definisies => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 05, 2012, 01:54:43 AM
-
*Vanuit vraestelle:
'n Laserdrukker werk met bliksemstrale.
'n Muis is amper soos 'n joysticker net helemal anders.
'n Hacker is iemand wat in die skrum speel en 'n cracker is 'n soort koekie
Netiket beteken hou jou virusse vir jouself.
Videokonferensie beteken jy kan jou testament van onder af beheer as jy dood is.
'n Skootrekenaar is iets wat 'n sakeman saamvat as hy gaan piekniek hou.
'n Voordeel van die internet is dat 'n mens kan geld steel uit iemand anders se rekening
'n Nadeel van die Internet is dat mense sonder jou toestemming jou klere kan uittrek.
'n Monochroom-skerm vertoon swart en wit, of ook aambei.
'n Raaksensitiewe skerm is baie sensueel.
Die Y2K-probleem behels dat al die rekenaars sou mal word.
-
Dit is nou pret. Ek is so bly ek het hierop afgekom.
Soms plaas 'n mens iets en niemand antwoord daarby nie. Kyk nou net, 6 jaar later, hier ontkiem dit nou. :hello2: Dit het ook al meer as 1000 blare. :icon_biggrin:
-
Vir my maak die vreugde om te deel op vir die gebrek aan kommentaar. As niemand reageer nie wys die leserstal darem daar was spookspore op die erf getrap PM :icon_biggrin:
-
Ek verstaan dat dit frustrerend is, maar asseblief, hier is 'n paar van ons wat al die bydraes baie waardeer.
Ek sĂȘ dit weer, as jy nie woorde het nie, gooi net die handjie wat groet, dan weet ons jy was hier. :wave: