Author Topic: Oom Houtbeen Daan  (Read 2709 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Oom Houtbeen Daan
« on: June 24, 2011, 07:11:14 PM »
Oupa horlosie se laaste klanke
tril saggies by middernag verby.
Wie gaan daar…
so onrustig…?
Vra ek vir my…?

Slof… tok…   Slof… tok…  Slof… tok…

Oë rek witwyd oop,
koue angsweet pêrel my voorkop nat.
Die houtvloer, nou al sement,
maar die houtklanke dra nog die
Slof… tok…   Slof… tok…  Slof… tok…

Om die kampvuur vertel Oupa
van oom Houtbeen Daan
en daai weghol perd…

Slof… tok…   Slof… tok…  Slof… tok…

In die gang af slof… tok… oom Daan.
Die foto van ouma Gesie
kyk grootoog deur sy sukkeltog
soos hy langsaam
gang af gaan.

Slof… tok…   Slof… tok…  Slof… tok…

Vanaand is die aand…
Vanaand staan ek vas…
Weghol… ek…
Nooit!

Slof… tok…   Slof… tok…  Slof… tok…

Oom Daan skuif nader.
Verbeel ek my…
of knipoog ouma Gesie.
Hoekom bewe die bene
van pajamabroeke so maklik?

Slof… tok…   Slof… tok…  Slof… tok…

Dan is hy voor my…
teen my…
koue hardloop ribbokspoortjies
teen my ruggraat af
as oom Houtbeen Daan
Slof… tok…   Slof… tok…
dwarsdeur my gaan.



 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: January 05, 2012, 11:27:08 AM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Oom Houtbeen Daan
« Reply #1 on: June 24, 2011, 08:28:00 PM »
hierdie spookstorie is 'n weer-lees gedig, pragtig Naas. ek het so al saam met die slof-tok koud geword...

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Houtbeen Daan
« Reply #2 on: June 25, 2011, 07:41:46 AM »
 :hello2:  Jy het jou baie goed van jou taak gekwyt Naas.  Dit is besonders! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oom Houtbeen Daan
« Reply #3 on: July 07, 2011, 02:52:58 AM »
Gewis 'n weer-lees ervaring (om Annie se pragbeskrywing van jou werk te leen)  :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Houtbeen Daan
« Reply #4 on: January 05, 2012, 09:27:23 AM »
Ek het weer hoendervleis.  Die "d" van hardloop speel wegkruipertjie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Oom Houtbeen Daan
« Reply #5 on: October 14, 2021, 07:20:37 AM »
Daai d het in my pajamabroek agter gebly


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Oom Houtbeen Daan
« Reply #6 on: October 14, 2021, 07:41:17 AM »
Ek geniet dit om te sien wanneer die plasing was en hoeveel jare later daar weer kom'tare opduik - hier is ons weer saam, tien jaar later  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Houtbeen Daan
« Reply #7 on: October 14, 2021, 07:53:01 AM »
Werklik waar.  Tien jaar se pragtige vriendskap.  :read:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Oom Houtbeen Daan
« Reply #8 on: October 14, 2021, 11:06:45 AM »
Oupa se as ons nie die braak grond ploeg en saai nie gaan ons niks daar oes nie.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Houtbeen Daan
« Reply #9 on: October 14, 2021, 08:33:40 PM »
Sê vir Oupa, Ta PM het drie sade gebaar en grootgemaak en nog 4 ander sade wat sommer net in haar land geval het sonder dat sy geploeg het.  Sê vir Oupa Ta PM het klaar geploeg, gesaai en geoes. 
Om te weet is om te verstaan.