• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Oom Houtbeen Daan

Started by Naas, June 24, 2011, 08:11:14 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Oupa horlosie se laaste klanke
tril saggies by middernag verby.
Wie gaan daar...
so onrustig...?
Vra ek vir my...?

Slof... tok...   Slof... tok...  Slof... tok...

Oë rek witwyd oop,
koue angsweet pêrel my voorkop nat.
Die houtvloer, nou al sement,
maar die houtklanke dra nog die
Slof... tok...   Slof... tok...  Slof... tok...

Om die kampvuur vertel Oupa
van oom Houtbeen Daan
en daai weghol perd...

Slof... tok...   Slof... tok...  Slof... tok...

In die gang af slof... tok... oom Daan.
Die foto van ouma Gesie
kyk grootoog deur sy sukkeltog
soos hy langsaam
gang af gaan.

Slof... tok...   Slof... tok...  Slof... tok...

Vanaand is die aand...
Vanaand staan ek vas...
Weghol... ek...
Nooit!

Slof... tok...   Slof... tok...  Slof... tok...

Oom Daan skuif nader.
Verbeel ek my...
of knipoog ouma Gesie.
Hoekom bewe die bene
van pajamabroeke so maklik?

Slof... tok...   Slof... tok...  Slof... tok...

Dan is hy voor my...
teen my...
koue hardloop ribbokspoortjies
teen my ruggraat af
as oom Houtbeen Daan
Slof... tok...   Slof... tok...
dwarsdeur my gaan.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

hierdie spookstorie is 'n weer-lees gedig, pragtig Naas. ek het so al saam met die slof-tok koud geword...

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

 :hello2:  Jy het jou baie goed van jou taak gekwyt Naas.  Dit is besonders! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Gewis 'n weer-lees ervaring (om Annie se pragbeskrywing van jou werk te leen)  :hello2:

PM

Ek het weer hoendervleis.  Die "d" van hardloop speel wegkruipertjie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Daai d het in my pajamabroek agter gebly


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek geniet dit om te sien wanneer die plasing was en hoeveel jare later daar weer kom'tare opduik - hier is ons weer saam, tien jaar later  :headbang:

PM

Werklik waar.  Tien jaar se pragtige vriendskap.  :read:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Oupa se as ons nie die braak grond ploeg en saai nie gaan ons niks daar oes nie.

:mumum:

PM

Sê vir Oupa, Ta PM het drie sade gebaar en grootgemaak en nog 4 ander sade wat sommer net in haar land geval het sonder dat sy geploeg het.  Sê vir Oupa Ta PM het klaar geploeg, gesaai en geoes. 
Om te weet is om te verstaan.