Die Biblioteek > Die woordmandjie/Skrywers-skatkis

Juistemint en krakeel

(1/4) > >>

Meraai vannie Baai:
My rondreisende woordontbyt lei my vandag reguit na Adele se pragtige kersplasing en daar lees ek 'juistemint' raak. Krul my tone om en dadelik begin die vingers 'googleloer'. Kom ek op 'n plasing af wat my soveel plesier verskaf het want daar kruip toe nog 'n skatkiswoord naamlik 'krakeel' tussen die lyne weg.

Lewies skryf dit voel of die woorde fyntjies stukkend gebyt kan word tussen die onderste en boonste voortande. Rice Crispie Woorde.

Juistemint! Loutere taalplesier vir my ook gewees en ek beaam die skrywer se kreatiewe (alliteratiewe) opmerking: pure pikante peper!

 :love7: :book1: :icon_salut:

Dalk sal Assie en haar oupa ons meer kan vertel oor die 'gehuggie in die Langkloof' genaamd Krakeel. Sou jy die pikante woord inspan as 'n werkwoord beteken dit blykbaar 'n hengse lawaai/rumoerery. So mooi beskryf in die plasing as 'n naweek sjebien lawaai :icon_biggrin:

Bron: https://pasella2013pasella.wordpress.com/2010/10/02/krakeel-juistemint-krakeel/
 


Assie:
As mens van George en Oudtshoort se kant af voor Uniondale die Langkloofpad vat na die Baai toe kry jy die volgende dorpies. (Hulle sal Antie Raatjie met 'n nat sakdoek dood vermoor as hulle hoor Antie noem dit gehuggies. Daar is 'n kerk en 'n kroeg op elke dorpie.)
Eerste gaan jy neffens Haarlem verby en dan kry jy Misgund. Na Misgund kom Louterwater, Krakeelrivier en Joubertina. Krakeelrivier le halfpad tussen Louterwater en Joubertina. Ja, dis 'n klein plekkie en die kroegman is dieselfde ou wat die nagmaal bedien. Na Joubertina ry mens by Heights verby. Dis nie veel meer as 'n spoorwegstasie waar daar omtrent nooit meer 'n trein verby gaan nie.  Die laaste, en grootste, dorpie voor mens weer by die N2 aansluit op pad Baai toe is Kareedouw. En daar het ek julle vinnig deur die hele Langkloof geneem.

 :mumum:

Meraai vannie Baai:
Haai oe nooit Assie! Issie ek wat dit so noem - belowe met hand oppie tikker  :icon_biggrin: Dit was ynste ou Lewies se aanmerking. Dog toe ek vra maar. Nuuskierig gebore mos.

PM:
Pragtig!  Heerlik om die dag te begin met 'n goeie skoot humor en pragwoorde. 

'googleloer'

rumoerery

 hand oppie tikker  :angel12:

Meraai vannie Baai:
Ek grinnik nog steeds van oor tot oor vir Naas se Assie: (Hulle sal Antie Raatjie met 'n nat sakdoek dood vermoor as hulle hoor Antie noem dit gehuggies).

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version