Die Biblioteek > Die woordmandjie/Skrywers-skatkis

Juistemint en krakeel

<< < (4/4)

Naas:
Is daar 'n verskil tussen rookvry en vry dat dit rook?
(ek vra namens 'n vriend)

 :icon_bigsmurf:

Assie:
My woordeboek se vry is verniet en gratis.
So... Ummm... Nee genade nou is my grysmasse heel geklits.

 :mumum:

Meraai vannie Baai:
As daar rook by vry betrokke is moet dit 'n warm affering wees, rookvry is dit vermoedelik 'n gevrekte vuurtjie en sou die vrypoging as pure verniet beskou. By gratis hak ek vas.

Assie:
Sodra vry betrokke is hardloop my gedagtes verniet rond. Al is vry ook gratis dit bly skaars.

 :mumum:

PM:
Wel, my pa het vir my geleer dat niks in die lewe verniet is nie.  Daar is nie so 'n ding soos gratis nie.  Dit is reeds by die prys ingesluit.  Ek weet nou nie van vry nie, dit klink vir my na iets heeltemal anders, iets op sy eie, of is dit iets op sy sye?

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version