Die Biblioteek > Die woordmandjie/Skrywers-skatkis

Juistemint en krakeel

<< < (2/4) > >>

PM:
Dag ek toe ook dit is mooi gewaarsku!  Lees ek "dood versmoor", maar dit is seker dieselfde ding, of is dit?


Dankie Naas, al is ek ses maande later, maar geniet dit nog steeds.

Meraai vannie Baai:
Kyk, ek laat my nie vertel daar is nog 'n forum soos ons sin nie.  :icon_biggrin: :bootyshake: :book1: :notworthy:

PM:
Heerlike samesyn.  Jy kan dit tog nie anders beskryf nie.
Snoesig in ons eie woorde toegewikkel.

Naas:
Ek lees nou weer hier oor 'n besoeker se skouer.
Die oorlewing wil dit he dat die plaas waardeur die Krakeel riviertjie loop in die eienaar se testament beland het. Die plaas moes tussen die twee seuns verdeel word en daar ontstaan toe 'n rusie tussen die twee oor wie die deel moet kry waardeur die riviertjie loop. Daar was letterlik 'n geskreeu en gestoei op die walle van die rivier wat aan die rivier sy naam van Krakeel rivier gegee het. Die dorpie is dan ook na die rivier vernoem.
Krakeel: 'n onderonsie wat gepaard gaan met 'n geskreeu en gestoei."



 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Kom lees ek weer oor jou skouer en gaan ingelig hiervandaan. Ons gedooi van die hitte en ek het so paar uur gelede my familie laat weet die brande genadiglik ver van ons af. Ek het te gou gepraat. Ons gebied val nou ook in die 'waarskuwing-zone'.  Die rook het alreeds dig gehang terwyl ons huistoe gery het van waar ons oornag het tussen die berge. Heel gerus - die brande nog ver. Min wis ons. Daar was geen selopvangs of internet nie. So vinnig kan dinge verander!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version