• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dankie Tannie PM

Started by Assie, December 10, 2015, 11:10:57 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

Hello julle. Die wat my nog onthou. Ek is Aspoestertjie van die Lankloof en bly daar oppie plaas by Oupa.
Ons was vir tyd lank internetloos omlat Telkom nie vir ons lyne na die plaas toe kon aanle nie en die selfoonontvangs nie tussen die klowe gewerk het nie. Nou is ek gelukkig weer terug op die lug.
Julle sal sien my naam het na Assie verander want ek en Tannie PM kon nie my ander profiel weer aan die gang kry nie omlat ek my vorige E-pos adres verloor het.
Ek is so bly om terug te wees. Nou kan Oupa se seningwese weer 'n slag rus.


:mumum: 

PM

Hartlike weer welkom hier Assie. Ek sien die lewe gaan maar op en af daar by julle.
Hoe gaan dit met die veeartsie, kuier hy darem nog daar?
Om te weet is om te verstaan.

Assie

#2
Nee Antie, hy het 'n dorpkoei raakgeloop en koop nou melk by die kafee. Blommietjie mis hom baie en Ta knor oor hy nie meer twak van die dorp af kry nie. Ek sal gaan kyk waar ek die storietjie vertel het.

:mumum:

PM

Lyk my die man hou van opera.  Hy sou tog in elk geval nie by jou gepas het nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Nou is my dag gemaak. Welkom terug Assie. Ons was kreupel verlang na jou en oupa se stories  :book1: