Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Aspoestertjie se plek => Topic started by: Assie on December 10, 2015, 11:10:57 AM

Title: Dankie Tannie PM
Post by: Assie on December 10, 2015, 11:10:57 AM
Hello julle. Die wat my nog onthou. Ek is Aspoestertjie van die Lankloof en bly daar oppie plaas by Oupa.
Ons was vir tyd lank internetloos omlat Telkom nie vir ons lyne na die plaas toe kon aanle nie en die selfoonontvangs nie tussen die klowe gewerk het nie. Nou is ek gelukkig weer terug op die lug.
Julle sal sien my naam het na Assie verander want ek en Tannie PM kon nie my ander profiel weer aan die gang kry nie omlat ek my vorige E-pos adres verloor het.
Ek is so bly om terug te wees. Nou kan Oupa se seningwese weer 'n slag rus.


 :mumum: 
Title: Re: Dankie Tannie PM
Post by: PM on December 10, 2015, 11:55:42 AM
Hartlike weer welkom hier Assie. Ek sien die lewe gaan maar op en af daar by julle.
Hoe gaan dit met die veeartsie, kuier hy darem nog daar?
Title: Re: Dankie Tannie PM
Post by: Assie on December 10, 2015, 03:50:57 PM
Nee Antie, hy het 'n dorpkoei raakgeloop en koop nou melk by die kafee. Blommietjie mis hom baie en Ta knor oor hy nie meer twak van die dorp af kry nie. Ek sal gaan kyk waar ek die storietjie vertel het.

 :mumum:
Title: Re: Dankie Tannie PM
Post by: PM on December 11, 2015, 09:10:57 AM
Lyk my die man hou van opera.  Hy sou tog in elk geval nie by jou gepas het nie. 
Title: Re: Dankie Tannie PM
Post by: Meraai vannie Baai on December 14, 2015, 04:38:56 AM
Nou is my dag gemaak. Welkom terug Assie. Ons was kreupel verlang na jou en oupa se stories  :book1: