Author Topic: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.  (Read 21611 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« on: September 17, 2015, 05:47:13 AM »
Anastasia die ene gedeel met ons en ek weet van twee siele wat hand opgesteek het om te probeer  :icon_biggrin:
Bron: http://www.judyslimmingsecrets.co.za/3-weke-gewigsverlies-eetplan/ (Ongelukkig is die skakel nie meer in werking nie maar hier is die eetplan)

• Die eetplan kan op enige punt begin word.

• Probeer etes min of meer 3 ure uitmekaar spasieer en eet ontbyt so vroeg as moontlik.

• Ooreenstemmende etenstye van verskillende dae kan omgeruil of herhaal word, veral as jy die dieet meer eentonig wil maak met minder verskeidenheid.

• Lae GI brood: Enige brood wat sê “Low GI”, rogbrood of swaar saadbrood

• Vleisporsie groottes: Gaar hoender, vark, bees of skaap: So groot soos handpalm, so dik soos pinkie.
Gaar vis: So groot soos hand, so dik soos pinkie.

• Vry groente: Agurkies, aspersies, blaarslaai, blomkool, brokkoli, brusselse spruite, grasuie, groenbone, kool, komkommer, murgpampoentjies, patty pans, pietersielie, preie, radyse, rissie, sampioene, seldery, skorsies, spinasie en tamatie.

• Groente wat beperk moet word tot ‘n halwe koppie by hoofmaatye: Beet, eiervrug, ertjies, gemengde groente, pampoen, raap, ui, wortel en vry groente berei met aartappel en ui.

• 1 medium vrug: Grootte van 1 tennisbal, 2 gholfballetjies of ½ koppie opgesnyde vrugte

• Kruie, speserye, sout, peper, worcestersous, sojasous, tamatiesous, blatjang, en mosterd kan gebruik word om kos mee te geur.

• Kos kan gestoom, gekook, gebak, gerooster, met Spray’n Cook gebraai of in die mikrogolf gaargemaak word.

• Vloeistof toegelaat: Rooibostee, tee, koffie met versoeters en klein bietjie vetvrye melk; water, sodawater, enige suikervrye drinkgoed bv. Coke Zero, Tab, Sprite Zero, Fanta Free, ens., “Light” ystee, “Light gegeurde water, Oros Low Cal en Sweeto.

• Geen suiker, stroop, heuning, of konfyt word toegelaat nie.

• Kunsmatige versoeters, diabetiese konfyt, Bovril, Marmite, Oxo en vissmeer word toegelaat.

• Mates: 1 koppie = 250ml, ½ koppie = 125ml, 1 eetlepel = 12,5ml, 1 teelepel = 5ml

*Volgende plasing sal Week 1 van die 3 weke gewigsverlies eetplan wees :notworthy:
« Last Edit: June 15, 2020, 05:12:13 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #1 on: September 17, 2015, 05:58:33 AM »
Week 1

MAANDAG
ONTBYT

250 ml Semelvlokkies (“Bran Flakes”)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)

PEUSELHAPPIE

1 medium vrug

MIDDAGETE
Toebroodjie gemaak van:
2 snye Lae GI brood
1 eetlp grondboontjiebotter

PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite

AANDETE
½ koppie Gaar maer maalvleis
1 koppie Spaghetti
Mengelslaai (Blaarslaai, tamatie, komkommer, agurkies, ens.)
[Kook ekstra pasta vir more se middagete]

DINSDAG
ONTBYT
125 ml Volkoring ProNutro (Original of Apple Bake)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)

PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt

MIDDAGETE
Pastaslaai gemaak van:
1 koppie Pasta
Tuna in water (50g)
Agurkies of komkommer
Blaarslaai
Laevet mayonnaise

PEUSELHAPPIE
2 Gedroogde perskehalwes

AANDETE
2 Oondgebakte viskoekies
3 Oondgebakte baba aartappels met skil
½ koppie Koolslaai (Kool, wortels, appel, vrugtesap& laevet mayonnaise)
[Maak ekstra aartappels gaar vir more se middagete]

WOENSDAG
ONTBYT
1 pakkie kits hawermout of 250 ml gaar hawermout (gemaak met water)
125 ml Vetvrye joghurt

PEUSELHAPPIE
½ -1 Trufruit/Safari vrugtestafie

MIDDAGETE
Aartappelslaai gemaak van:
6 Baba aartappels
Laevet vienna
Tamatie, blaarslaai, komkommer
Laevet slaaisous of mayonnaise

PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite

AANDETE
Hoenderborsie
½ koppie couscous
½ koppie ertjies
Skorsie met kaneel
[Maak ekstra hoender gaar vir more se middagete]

DONDERDAG
ONTBYT
250 ml Semelvlokkies (“Bran Flakes”)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)

PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt

MIDDAGETE
Toebroodjie gemaak van:
2 snye Lae GI brood
½ opgesnyde hoenderborsie
1 eetlepel laevet mayonnaise/ blatjang

PEUSELHAPPIE
1 medium vrug

AANDETE
10x10cm stukkie Tunagebak gemaak van:
Pasta, tuna, kits sampioensop en bietjie gerasperde laevet kaas bo-op.
½ koppie gekookte gemengde groente
[Skep ‘n stukkie tunagereg uit vir more se middagete]

VRYDAG
ONTBYT
125 ml Volkoring ProNutro (Original of Apple Bake)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)

PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite

MIDDAGETE
10 x 10 cm stukkie Tunagebak van gisteraand

PEUSELHAPPIE
½ -1 Trufruit/Safari vrugtestafie

AANDETE
Hamburger gemaak van:
Volgraan broodrolletjie
Maer vleispattie
Tamatie, blaarslaai, komkommer
Teelp blatjang/tamatiesous

SATERDAG
ONTBYT
2 snye Lae GI roosterbrood
Laevet margarien (dun)
Bovril/Marmite/Vissmeer/ Diabetiese konfyt
1 eier*
Sampioene*
Tamatie*
(*Gebruik Spray ’n Cook)

PEUSELHAPPIE
½ -1 Simply Cereal Low GI Balance stafie

MIDDAGETE
1 koppie Vrugteslaai
125 ml Vetvrye joghurt
PEUSELHAPPIE
1 koppie Springmielies

AANDETE
Braaivleis –
Hoender sonder vel
1 koppie Braaipap of 1 soetmielie gebraai op vuur
½ koppie wortelslaai
Mengelslaai (Blaarslaai, tamatie, komkommer, agurkies, ens.)

SONDAG
ONTBYT
1 pakkie kits hawermout of 250 ml gaar hawermout (gemaak met water)
125 ml vetvrye joghurt

PEUSELHAPPIE
1 medium vrug

MIDDAGETE
Skaaptjop
½ koppie Rys (Kook ekstra rys om te vries)
½ koppie Pampoen (met appelsap versoet)
Blomkool en brokkoli met witsous (gemaak van vetvrye melk)

PEUSELHAPPIE
1 Lae GI Bokomo beskuit

AANDETE
Roosterbroodjies in oond gemaak van:
2 sny Lae GI brood
30g Laevet gerasperde kaas
Tamatie skyfies

*Week 2 in volgende plasing.
« Last Edit: September 17, 2015, 06:31:05 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #2 on: September 17, 2015, 06:14:43 AM »
Week 2

MAANDAG
ONTBYT
250 ml Semelvlokkies (“Bran Flakes”)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)

PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite

MIDDAGETE
Toebroodjie gemaak van:
2 snye Lae GI brood
1 dun sny ham
Tamatie, blaarslaai
Laevet margarien (dun)

PEUSELHAPPIE
2 Gedroogde peerhalwes

AANDETE
10 x 10 cm stukkkie Herderspastei gemaak van:
Maer maalvleis en
Kapokaartappels (vetvrye melk gebruik)
½ koppie gekookte ertjies
Skorsie met kaneel

DINSDAG
ONTBYT
125 ml Volkoring ProNutro (Original of Apple Bake)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt

MIDDAGETE
4-6 Ryvitas
2 eetlps vetvrye maaskaas
Komkommer

PEUSELHAPPIE
1 medium vrug

AANDETE
10 x 10 cm stukkie Macaroni en kaas gemaak van:
Pasta, gebraaide laevet rugspek of viennas, witsous van vetvrye melk, tamatiesous, kruie, ens. en bietjie laevet kaas bo-op
½ koppie wortelslaai
[Skep ‘n stukkie uit vir oormore se middagete]

WOENSDAG
ONTBYT
2 snye Lae GI roosterbrood
Laevet margarien (dun)
Bovril/Marmite/Vissmeer/ Diabetiese konfyt
30 g laevet kaas

PEUSELHAPPIE
½ -1 Trufruit/Safari vrugtestafie

MIDDAGETE
Warmbrak gemaak van:
Volgraan rolletjie
Laevet vienna
Tamatie en komkommer
Blatjang/Mosterd

PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt

AANDETE
Minute steak
3 Baba aartappels gekook in skil
½ koppie gekookte gemengde groente

DONDERDAG
ONTBYT
1 pakkie kits hawermout of 250 ml gaar hawermout (gemaak met water)
125 ml vetvrye joghurt

PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite

MIDDAGETE
10 x 10 cm stukkie Macaroni en kaas van Dinsdagaand

PEUSELHAPPIE
1 medium vrug

AANDETE
Hoenderborsie
½ koppie couscous
Geroosterde groente soos bv. tamatie, uie, sampioene en murgpampoentjies
[Maak ekstra hoender gaar vir more se middagete]

VRYDAG
ONTBYT
125 ml Volkoring ProNutro (Original of Apple Bake)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)

PEUSELHAPPIE
½ -1 Simply Cereal Low GI Balance stafie

MIDDAGETE
Toebroodjie gemaak met:
2 snye Lae GI brood
½ opgesnyde hoenderborsie
1 eetlepel laevet mayonnaise/ blatjang

PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite

AANDETE
Vis gebraai met Spray’nCook
10 Ovenbake aartappelskyfies
Mengelslaai

SATERDAG
ONTBYT
250 ml Vrugteslaai
125 ml Vetvrye joghurt
1 Eetlepel Neute of sade

PEUSELHAPPIE
1 Lae GI Bokomo Beskuit

MIDDAGETE
“Snackwich” gemaak van:
2 snye Lae GI brood
Laevet margarien (dun)
30g gerasperde laevet kaas
Tamatie skyfies

PEUSELHAPPIE
1 koppie Springmielies

AANDETE
10 x 10cm stukkie Lasagne gemaak van:
Maer maalvleis
Pastavelle
Witsous (gemaak van vetvrye melk)
Laevet kaas bo-oor gesprinkel
Mengelslaai (Blaarslaai, tamatie, komkommer, agurkies, ens.)

SONDAG
ONTBYT
250 ml Semelvlokkies (“Bran Flakes”)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)

PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt

MIDDAGETE
Oondgebakte varktjop (vet verwyder voor gaarmaak)
½ koppie Rys
¼ Butternut in oond gebak
Gekookte groenbone

PEUSELHAPPIE
1 medium vrug

AANDETE
2 snye Lae GI roosterbrood
koppie “Baked beans”

*Week 3 in volgende plasing.
« Last Edit: September 17, 2015, 09:08:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #3 on: September 17, 2015, 06:26:09 AM »
Week 3

MAANDAG
ONTBYT

1 pakkie kits hawermout of 250 ml gaar hawermout (gemaak met water)
125 ml vetvrye joghurt

PEUSELHAPPIE
1 medium vrug

MIDDAGETE
4-6 Ryvitas
2 eetlps vetvrye maaskaas
Komkommer

PEUSELHAPPIE
½ -1 Simply Cereal Low GI Balance stafie

AANDETE
Hoenderborsie
½ koppie Rys
½ koppie gekookte gemengde groente
[Maak ekstra hoender gaar vir more se middagete]

DINSDAG
ONTBYT
2 snye Lae GI roosterbrood
Laevet margarien (dun)
Bovril/Marmite/Vissmeer/ Diabetiese konfyt
30 g laevet kaas

PEUSELHAPPIE
2 Gedroogde perskehalwes

MIDDAGETE
Toebroodjie gemaak van:
2 snye Lae GI brood
½ opgesnyde hoenderborsie
1 eetlepel laevet mayonnaise/ blatjang

PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt

AANDETE
1 koppie pastagereg gemaak van:
Gaar maalvleis en pasta gemeng (Mince mate)
½ koppie wortelslaai
[Kook ekstra pasta vir more se middagete]

WOENSDAG
ONTBYT

125 ml Volkoring ProNutro (Original of Apple Bake)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)

PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite

MIDDAGETE
Pastaslaai gemaak van:
1 koppie Pasta
Tuna in water (50g)
Agurkies of komkommer
Blaarslaai
Laevet mayonnaise

PEUSELHAPPIE
1 medium vrug

AANDETE
10 cm stukkie Wors
1 koppie kapokaartappels (vetvrye melk gebruik)
½ koppie beetslaai
½ koppie kerrieboneslaai
(kan gereed-om-te-eet pakkies slaai gebruik)
[Kook ekstra aartappels vir more se middagete]

DONDERDAG
ONTBYT

250 ml Semelvlokkies (“Bran Flakes”)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)

PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt

MIDDAGETE
Aartappelslaai gemaak van:
2 medium aartappels of 6 baba aartappels
1 laevet vienna
Tamatie, blaarslaai, komkommer
Laevet slaaisous of mayonnaise

PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite

AANDETE
2 Oondgebakte viskoekies
½ koppie Couscous
Geroosterde groente soos bv. tamatie, uie, sampioene en murgpampoentjies

VRYDAG
ONTBYT

1 pakkie kits hawermout of 250 ml gaar hawermout (gemaak met water)
125 ml vetvrye joghurt

PEUSELHAPPIE
1 medium vrug

MIDDAGETE
4-6 Ryvitas
2 eetlps vetvrye maaskaas
Komkommer

PEUSELHAPPIE
½ -1 Simply Cereal Low GI Balance stafie

AANDETE
Hamburger gemaak van:
Volgraan broodrolletjie
Maer vleispattie
Tamatie, blaarslaai, komkommer
Teelp blatjang/tamatiesous

SATERDAG
ONTBYT

2 snye Lae GI roosterbrood
Laevet margarien (dun)
Bovril/Marmite/Vissmeer/ Diabetiese konfyt
1 eier*
Sampioene*
Tamatie*
(*Gebruik Spray ’n Cook)

PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite

MIDDAGETE
1 koppie Vrugteslaai
125 ml Vetvrye joghurt

PEUSELHAPPIE
1 koppie Springmielies

AANDETE
Braaivleis –
1 Beessosatie/Hoendersosatie
1 koppie aartappelslaai (gemaak met laevet mayonnaise en vetvrye roomkaas)
½ koppie Koolslaai (Kool, wortels, appel, vrugtesap& laevet mayonnaise)

SONDAG
ONTBYT

125 ml Volkoring ProNutro (Original of Apple Bake)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)

PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt

MIDDAGETE
Chicken a la King (gebruik kitssoppoeier en vetvrye melk vir sous)
½ koppie Rys
½ koppie Wortels (versoet met appelsap)
Blomkool en brokkoli met witsous (gemaak van vetvrye melk)

PEUSELHAPPIE
1 medium vrug

AANDETE
Warmbrak gemaak van:
Volgraan rolletjie
Laevet vienna
Tamatie en komkommer
Blatjang/Mosterd
« Last Edit: September 17, 2015, 06:34:29 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #4 on: September 17, 2015, 03:14:23 PM »
Eerstens, baie dankie vir die moeite Raaitjie.
Tweedens, dit laat my dink aan "Gone with the wind"  - If you want to look like a bird you must eat like a bird -
Ek wonder of ek die moed het?

Die sopdieet het my al drie kilo's laat verloor van Maandag af.  Dit pla my nie soveel nie want ek kan soveel sop eet as wat ek wil, ek is nooit honger nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #5 on: September 17, 2015, 03:26:52 PM »
well good luck to anyone doing this and I really mean it. me personally, me don't care for any form of diet. years ago I pulled the bathroom scale to a scary 130kg. then I started playing league squash, without following a diet. to say that I needed every bit of nourishment I could get is a total understatement. within the span of four months I lost 40kg and still going strong. then I started doing distance running, starting with 10km and eventually working up to Two Oceans distance of 56km, still losing weight and stabilizing on 68kg. I ate whatever I wanted and I drank whatever I wanted. for me there should be a balance between my energy intake and my energy expenditure. If I take in e.g. 1500kj per day but I only burn 200kj, I will become like a bank account - the more money you put in the bigger it becomes and vice versa. now I'm back to the initial weight and I know I'll have to start an exercise regimen to lose weight

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #6 on: September 17, 2015, 07:55:49 PM »
Ek wou more begin het met spierbou-oefening by my buurman wat onderneem het om my "personal trainer" te wees, maar nou ry hy more saam met Hannes Brits toe en ek sal maar moet gaan stap.  Ha-ha.

Ek is een van daardie lui mense.  Alles moet skoon wees voor ek gaan slaap, anders sal ek nie opstaan in die oggend nie.
As ek 'n kortpad kan vat weier ek om verlangs om te loop.  Ek dra my dood, maar sowaar as padda manel dra, ek loop my nie dood nie.  Siesa!   

My buurman ry half ses in die oggend vir 45 kilometer met sy fiets dan doen hy 45 minute se oefeninge met gewigte. 

Natalie, ek lig my hoed vir ouens wat soos jy kan oefening doen.  Ek sal wat wil gee om daardie dissipline te hê!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #7 on: September 18, 2015, 11:25:05 AM »
PM ek sal darem graag ook soveel dissipline wou he, ek kry net nie meer geoefen nie man! Lui lui.  Ek sal maar weer Naas se icon ydelik gebruik lol :icon_bigsmurf:

Die liewe kilogramme wat ongevraagd hulle kom tuis maak! Jeannedarc dankie vir die 'sterkte' wense vir ons ouens wat gaan probeer vasbyt en knaag aan die drie weke plan :toothy4:

Dalk sal die volgende raad help?  



Ons het heerlik rondom die gewigsverlies eetplan gekuier op FB. Lekker gegiggel en ek het my woordmandjie skandelik boeppens gelaai  :icon_bigsmurf:

Anastasia:
My man is met minstens 30 kg van my onwettig getroud! Ek het in 'n vieslike gewoonte gekom om nie te eet om te leef nie, maar te leef om te eet. My een maal was skaars by die kleintong verby, dan beplan ek alweer die volgende lekkerny. Nou moet ek weer soos 'n beskaafde leer eet. Die kg'e het nie oornag vir my bekruip nie, dit gaan nie oornag verdwyn nie. Ek kan nie aangaan soos nou nie, dit was 'n laaaaang party van ses maande. Ek het werklik soos 'n hamster geeet die laaste tyd.
« Last Edit: September 18, 2015, 11:33:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #8 on: September 18, 2015, 01:24:29 PM »
O hallie ha!  Dit sal beslis werk om nakend voor die spieel te staan en eet! 
Anastasia, my man is ook met net soveel onwettigheid getroud.  Ek beter hom inlig dat hy teen die wet is!   :icon_biggrin:

Ai, ons vettes weet presies hoe dit werk en wat om te doen.  Ons geniet net die lewe te veel om ons daaraan te steur!   :walk:
Ek sal soos die mannetjie moet begin stap dan sal my ronde lyf beter raak. 

Toe ek gerook het, het ek my nie eendag oor gewig bekommer nie!  Of lieg ek?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #9 on: September 18, 2015, 09:23:59 PM »
Sjieeee, ek belowe myself elke dag - more begin ek stap! Dan gaan staan ek voor die spieel en oefen my lagspiere. Moet byvoeg, ek nog maar min ouens met mooi geronde voorkoms gekry wat suur deur die lewe gaan  :toothy4:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #10 on: September 20, 2015, 11:05:53 PM »
As niks anders help nie... probeer die  :toothy4:


Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #11 on: September 21, 2015, 06:50:20 AM »
Hier kom meld ek aan  :bunny: :bunny: :bunny:

Baie dankie Meraai vir die deel hier.

Ek antwoord so al op die ry af:

PM, hierdie is nie n hongerly dieet nie hoor, ek het die program Woensdag begin volg, die vandag sal dus my dag 6 wees.   Wat ek van hou is die verskeidenheid. Ek dink dit is n baie gebalanseerde dieet.  Voor ek op hom besluit het het ek wyd nagevors, ook die banting leefstyl. maar ek persoonlik dink dit is nie gebalanseerd om jou liggam met vette en ptotein te voer en van koolhidrate en vrugte te verhonger nie.  Dit sal nooit n leefwyse by my kan word nie, en ek glo dit is die geheim van n dieet = dit moet n lewenswyse word.  Met hierdie manier van eet kom ek in n patroon om gekontroleerd te noteer wat in my bekkie ingaan.

Tweedens, ek dieet die keer glad nie met die oog op voorkoms nie.  Ek is oor n jaar 60, ek en my man het vrede daarmee dat ons dae van Marilyn Monroe en James Dean finaal verby is (giggel).  Dit gaan suiwer oor ons gesondheid.  Hy is met diabetes gediagnoseer en my Lupus kry my onder.  Ek beweeg werklik met twee krukke, soms met een op goeie dae.  Dit is net logies dat hoe minder gewig ek gaan saamsleep, hoe makliker dit op die pynende gewrigte sal wees. Boonop gee n gesonde en gebalanseerde dieet verligting want Lupus is n auto-imuun siekte.  Ek moet my troepies en soldate sterk maak.

Which brings me to the question of exercise, JeannedArk.  You are SO right. It is such an easy sum to make. Input minus output equals weight. I used to be a very active girl.  Ten years back I jogged and competed in half-marathons and was addicted to aerobics.  However, Lupus is really very degrading and destructive.  (I will still post more one day when I am not so lazy about the condition here).  I find it hard to get through my day doing the most important tasks.  There is no way any more for me to use the little energy and mobility that I have to exercise.  Lupus is the one condition (Being auto-imune like MS - Joost's desease - where mobility can not be forced by strengtening with exercise.  That is the reason I have picked up weight.  It has now become a vicious circle, as I have to carry around the excess weight with my already suffering/failing body.

Ek het my gister geweeg, alhoewel ek eintlik net weekliks moet weeg, en is al 2.2 kg af.  Reg, ek weet aan die begin gaan dit vinniger en meeste is water en blah blah, (ek het myself goed ingelig)  MAAR is lekker om resultate te sien.

Dan moet ek ook byvoeg dat ek vir drie en n half jaar van enige lekker kos ontse is, vandaar my binge eating van die afgelope 8 maande.  Maar dit was lekker en nou is dit ook eers klaar.  :hello2: :occasion18: :occasion18:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #12 on: September 21, 2015, 08:06:03 AM »
Ons het die naweek begin met dieselfde dieet en soos Anastasia met reg kom vertel, dit is beslis nie hongerly eetplan hierdie nie. Baie opgewonde want die ene kan 'n leefstyl word vir die 'oues' van dae.  Dankie baie mater vir jou terugvoering oor die lupus. Dink aan jou en sterkte  :notworthy:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #13 on: September 21, 2015, 09:08:54 AM »
Ek sal nog meer kom spoeg en plak oor Lupus, Meraai.  Nie seker hoe om artikels van internet hier te plaas nie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Judy's Secrets en haar 3 weke gewigsverlies eetplan.
« Reply #14 on: September 22, 2015, 09:20:40 AM »
Ek spoeg en plak maar as ek nie tyd kry vir vertaal nie. Dit sal goed wees as jy 'n new post maak sodat lesers as hulle 'Lupus' google ook jou artikel onder oge kan kry. Daar is so min leesstof/inligting in Afrikaans beskikbaar oor raar toestande  :crybaby2:

Wou nog se BAIE geluk met die eerste twee kilos wat verloor is  :hello2: :notworthy:
« Last Edit: September 22, 2015, 11:05:13 AM by Meraai vannie Baai »